Jere-Dean – jou gemeenskapsapteek
Daar word net goed gepraat oor die insette van Andy Anderson, eienaar van Jere-Dean Apteek op Rehoboth.
Ja, Andy is ’n man wat nie skroom om kinders op skoolvlak en selfs pensioenarisse te ondersteun nie. Hy hou egter nie daarvan om geloof en te geprys te word vir wat hy terugploeg nie.
Andy het sy internskap by die Katutura en Windhoek Sentraal hospitale begin. Daarna het hy na Keetmanshoop getrek waar hy as streeksaptekr gewerk het. Hy het in die Suide op Keetmanshoop, Lüderitz en Karasburg sy kennis uitgebrei en ná 14 jaar as apteker, het Andy besluit om sy eie praktyk op Rehoboth te open; die dorp waar hy sy hoërskool loopbaan in 1980 voltooi het. Inderdaad ’n merkwaardige besluit wat Anderson geneem het om sy talent met die gemeenskap van Rehoboth te deel.
Hierdie verslaggewer het met ’n paar kliënte by Jere-Dean Apteek gesels oor hul onderving met Andy se werknemers en die diens wat gelewer word.
Een gereelde kliënt, Mary van Wyk wat al meer as tien jaar haar medisyne en pilletjies by Andy afhaal, het op navraag aan NMH gesê: “Dit is een van die voorste apteke in die Suide. Ek noem dit omdat ek nog nie een keer moes wag om gehelp te word nie. Die werkmense is vriendelik en baie behulpsaam. Daarbenewens is Jere-Dean se deure ook naweke oop. Hierdie apteek is regtig ’n aanwins vir Rehoboth se gemeenskap. Sonder twyfel sou ek sê Andy het hier ’n wenperd opgesaal.”
Een van Rehoboth se voorste sakemanne, Darlin Botha, het op navraag gesê: “Ek hoor net goeie dinge van Andy en dit maak hom ’n steunpillaar op Rehoboth. Sy insette spreek boekdele veral in die swaar tye waar ons almal rug teen die muur staan. Andy se goedhartigheid en bereidwilligheid om te help waar hy kan, moet as voorbeeld dien vir ’n ieder en elk op Rehoboth.”

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen