Loading svg Please wait while we translate the article

Die Rooi Vlakvark nou in Namibië

“Ons trek Upington toe, en daar gaan ons ’n ‘vape shop’ oopmaak, want daar is nog nie so ’n winkel daar nie. Ons gaan mense daar leer van die gesonder alternatief.”

Dit was Eugene van Dyk se woorde aan sy ‘bestie’, Nico Heyns, toe hy en sy vrou besluit het om Upington toe te trek van die Kaap af.

Dit was ook nie lank nie, en in Desember 2018 het die eerste Vlakvark winkel sy deure in Upington geopen. Daarna het die drome begin meer raak, en binnekort het hulle besef daar is ’n groter mark daar buite. Só het die winkel in Kimberley in Julie 2019 gevolg, en August 2019 nog een op Kathu.

“In Februarie hierdie jaar kom wys Nico se vrou, Lizelle, ’n gebore Namibiër, vir ons Suid-Afrikaners vir die heel eerste keer die pragtige land en ons besef gou dat die ‘vape’ gemeenskap in Windhoek ’n winkel soos ons s’n sal waardeer en ondersteun. ’n Week wat eintlik bedoel was vir pret en plesier, het toe vinnig in werk verander en ons het gou-gou gespring om die nodige reëlings te tref,” vertel hy.

By die Rooi Vlakvark, wat onlangs sy deure in die Grove Mall geopen het, streef die personeel om die beste kliënte diens te lewer, om die beste produkte op die mark teen die beste pryse te lewer.

“Al vier die winkels hou dieselfde produkte aan, teen dieselfde prys. Ons werknemers word opgelei om die beste leiding en raad aan mense te gee wat onseker is oor ‘vaping’,” sê Eugene. “Ons het meer as 100 verskillende geure ‘vape juices’ en ons het die grootste verskeidenheid ‘coils’ en glasies.”

Hy sê daar is in die verlede baie oor die negatiewe impak van ‘vaping’ geskryf dat dit moeilik is om mense anders te laat dink. “Maar ons is bereid om met enigiemand te gesels wat oop is om te hoor wat studies bewys. ‘Vaping’ is beslis die gesonder alternatief vir rook. Dit gee die nikotien wat jy nodig het, sonder die teer en ander chemikalieë. Brittanje se studies bewys dat ‘vaping’ 95% gesonder is as rook.”

Die Rooi Vlakvark Vape Shop is by die Game-ingang van die inkoopsentrum, tussen die biltong winkel en Pet Smart, geleë.

“In ’n neutedop is Die Rooi Vlakvark nie net ’n ‘vape shop’ nie, dis ’n uitgebreide kring van familie en vriende. Ons gee om vir ons mense. Ons wil jou graag ontmoet. Kom deel jou storie, kom hang jou pakkie sigarette op en begin ’n nuwe, gesonder lewe.”

“Ons het amptelik op 27 April geopen en meer as N$100 000 se items weg gegee. Daar is nog baie, so kom maak gerus ’n draai!” sê Eugene.

Skandeer die QR-kode op die Rooi Vlakvark se advertensie om ’n onderhoud met hulle te sien.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-23

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!