Loading svg Please wait while we translate the article

99% slaagsyfer vir Napso IEB-matrieks

88% met universiteitstoelating
Al drie die toppresteerder is hoofseun of hoofmeisie van hulle onderskeie skole.
Aldo Horn & Enzo Amuele
Die matriekuitslae van leerlinge wat die Onafhanklike Eksamensraad (IEB) se 2024-eksamens by skole verbonde aan die Namibiese Privaatskole Organisasie (Napso) afgelê het, is gisteraand bekend gemaak.

Uit die 155 matriekleerlinge in Namibië het 154 geslaag – ’n 99% slaagsyfer. 88% van hierdie matrikulante het ook universiteitstoelating gekry.

Die hoofseun van Windhoek Afrikaanse Privaatskool (Wap), Zander van Wyngaardt, het ’n algehele gemiddeld van 91% behaal met sy hoogste vak, ingenieursgrafika en tegnologie, se jaarpunt op 97%.

"Ek is baie dankbaar vir al die ondersteuning van my vriende en familie. Ek het ook baie selfdissipline nodig gehad. Dit was net moontlik met God se hulp," het Van Wyngaardt gesê.

Van Wyngaardt beplan om volgende jaar megatroniese ingenieurswese aan die Universiteit Stellenbosch te studeer.

Sy prestasies het hom die topleerling van alle Namibiese Napso IEB-skole vir 2024 gemaak.

Kort op sy hakke was Sienta-Mari van Rooyen, die hoofmeisie van Privaatskool Moria, met haar finale punt van 89,9%.

Sy het in al haar vakke uitgeblink, maar haar wiskunde-uitslag van 96% was veral uitstaande.

"Ek voel geseënd. Dit was ’n moeilike jaar, maar konstante harde werk het goeie resultate gelewer. Volgende jaar beplan ek om ‘n BCom-graad in wiskundige wetenskap aan die Universiteit Stellenbosch te studeer," het Van Rooyen gesê.

In die derde plek, met ’n gemiddeld van 89,57%, is Karien Coetzee. Coetzee, die hoofmeisie van Privaatskool Keetmanshoop, het boonop met 90% die beste uitslag in biologie behaal.

"Ek voel trots op myself en ek wil dankie sê aan my skool en onderwysers vir hulle ondersteuning," sê Coetzee. "Ek gaan volgende jaar BCom Aktuariële Wetenskap aand die Universiteit Stellenbosch gaan studeer," las sy by.



Trots

Die uitvoerende hoof van Napso, Wouter Niehaus, het sy dankbaarheid teenoor die matriekulante uitgespreek. Hy het hulle bedank vir hul harde werk en toewyding en gesê dat hulle baie trots is op hul prestasies.

"Julle het in die voetspore van 17 ander IEB-groepe gevolg en vandag kan ek met trots sê dat julle daarin geslaag het om hul skoene vol te staan," het Niehaus gesê.

Niehaus het ook namens Napso die ouers en onderwysers van dié skole bedank.

“Julle is die ruggraat van ons leerlinge. Jul toegewyde ondersteuning is van onskatbare waarde. Jou belegging in die toekoms van ons kinders het bygedra tot hul sukses,” het hy afgesluit.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-01-09

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 19° | 34° Eenhana: 22° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 21° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 19° | 33° Omaruru: 20° | 34° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 17° | 21° Rehoboth: 22° | 33° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 34° Aranos: 22° | 34° Lüderitz: 16° | 29° Ariamsvlei: 19° | 35° Oranjemund: 16° | 25° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 18° | 28° Maseru: 18° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 19° | 24° Maputo: 23° | 34° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 19° | 23° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 17° | 24° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 17° | 21° #REF! #REF!