Loading svg Please wait while we translate the article
Benita Henrico in die veld saam met ? K9-hond
Benita Henrico in die veld saam met ? K9-hond

Dis ’n briljante hondelewe vir Benita

Zoe Karsten
Vir die 24-jarige Benita Henrico van Pretoria was daar nog nooit enige ander beroep as om met honde te werk nie. Benita is ná skool opgelei as K9-hanteerder deur die Genesis K9 Groep in Pretoria. Hierdie kwalifikasie word wêreldwyd erken en het dit vir Benita deure geopen.



Benita verduidelik wat ’n K9-hanteerder is: “’n K9-hanteerder is iemand wat ’n K9-hond gebruik om hom of haar in hulle werksverantwoordelikhede te help. Gewoonlik is so ’n peroon werksaam by die polisie of by privaat sekuriteitsmaatskappye. ’n K9-hond is ’n gespesialiseerde indiensopgeleide hond wat deel is van ’n wetstoepassingseenheid waar hond en hanteerder saam ingespan word om dwelms, verdowingsmiddels, of plofstof uit te snuffel, vermiste persone op te spoor, kriminele vas te vat, en nog vele meer.”



Benita sê dat sy nie nét met honde wou werk nie, maar dat sy ’n natuurkind is en dus haar liefde vir die buitelug met haar liefde vir honde nou kan kombineer. Só het sy betrokke geraak by die inspan van K9-eenhede by natuurbewaring.



Haar passie vir honde het sy by haar ma geërf. “My ma lei al vir die afgelope 40 jaar honde op en werk as K9-koördineerder vir die Endangered Wildlife Trust. Die werk wat sy vir hulle doen en wat sy al alles daar bereik het, is my inspirasie.”



Ná haar opleiding het Benita haar loopbaan in 2020 by die sekuriteitsmaatskappy, Green Trax, begin. “Hier het ek baie geleer van spoorsny en om die bos te ‘lees’. Ek was ook bevoorreg om by Acacia K9 in Mosambiek te werk. Hulle is nou betrokke by teenstropingsaksies en dis waar ek besef het dat dít die rigting is waarin ek my tyd en energie wil belê.”



Dis dan ook as gevolg van haar betrokkenheid in veldwerk dat sy haar weg na Namibië gevind het. Benita het van die TSU K9-eenheid in Windhoek te hore gekom en het kom kyk. Sy was beïndruk met die opleidingsprogramme en -dienste wat hulle bied. “Ek het dadelik lief geraak vir die mense en die omgewing. Ek kan nie wag om my eie honde te gaan haal en hulle hier in te span nie,” het sy gesê.



“Om met honde te werk en hulle te kan oplei is die mees vervullende gevoel, veral as jy ’n paadjie stap met die hond en sien hoe hy elke doelwit wat jy vir hom gestel het, bereik. Om ’n hanteerder en afrigter te wees verg baie geduld en, bo alles, passie!”

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-23

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!