'NextGen'-jeugaanbiddingsfees 'n reusesukses
Na afloop van die "NextGen"-jeugfees wat verlede naweek in die hoofstad plaasgevind het, het die jeugpastoor van Agapé Windhoek asook hooforganiseerder van die geleentheid, Francois Dames met My Zone gesels oor die oomblikke wat vir hom uitgstaan het, onder andere “die feit dat jeug van alle kerke daar was, 'n groot deurbraak was!”
Dames brei verder uit: “Hulle sien hulle is nie alleen nie en ook dat kerke in ons land kán en moet saam werk, want ons behoort aan God se koningkryk. Die dae van my en jou kerk is verby!”
Verder meen Dames die elemente van die aanbiddingsaand wat die meeste aanklank gevind het by die jeug was “dat dit 'n jeugaand was wat nog nooit so aangebied is nie. Alles was op die jeug gemik en ek het God vertrou vir die boodskap en vloei van die aand.”
Op die vraag oor wat hy en sy span uit hierdie ervaring geleer het en hoe dit toekomstige aanbiddingsaande sal beïnvloed, het Dames geantwoord: “Ons is verantwoordelik om sulke aande en geleenthede vir ons land se jeug te skep. Ek sien reeds uit na volgende jaar se NextGen-jeugfees!"
Die ondergrondse parkeerarea by Grove Mall tussen Wimpy & OTB is vir die fees omskep in 'n heilige ruimte.
Nia van Dyk, wat die aand opgetree het, het haar betrokkenheid en ervaring so beskryf: “Ek is deel van die lofprysingspan by ons kerk, New Life, en ons sangleier het vir my gevra om deel te wees. Dit was vir my ongelooflik om tieners se hande in die lug te sien terwyk hulle die Here loof en prys."
Een van die gaste was JP Rix, wat sê, “Ek dink die deel waar ons op die witbord moes neerskryf waarmee ons sukkel, het uitgestaan. Dit het ons laat besef daar is heelwat van ons wat met dieselfde laste sukkel en dat jy nie alleen is nie.”
Dames sluit af met die teksvers van Jeremia 29:11: “Ek weet wat Ek vir julle beplan, sê die Here, voorspoed en nie teenspoed nie; Ek wil vir julle 'n toekoms gee, 'n verwagting!”

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen