Redaksionele totsiens aan Die Orakel
Dit is met groot hartseer, maar tog opwinding, waarmee ek my laaste redaksionele kommentaar as redakteur van Die Orakel skryf. Die afgelope drie jaar het my met ’n magdom ondervinding en onvergeetlike herinneringe gelaat.
Hierdie jaar was baie opwindend vir Die Orakel. Ons het nuwe joernaliste verwelkom, sowel as ’n spotprentkunstenaar. Ons het weer ons eie hardekopie van Die Orakel begin publiseer. Ons skool was bevoorreg genoeg om gasheer te wees vir die My Zone Media Roadshow, die Nictus-Napso Kuns- en Kultuurfees én die krieketfees, sowel as verskeie ander sport- en kultuurgeleenthede.
Ons sportspanne het die Naartjies se name in die onderskeie ligas hoog gehou. Ons het gely, gelag en landswyd rondgerits. Ná so ’n besige jaar, wat is die belangriskte stories wat ? mens in die koerant plaas as daar net een bladsy is? Op die ou einde het ons twee geleenthede gekies wat ons groter gemeenskap aan die kus hierdie jaar aan die gons gehad het. 2024 het weereens vir die Naartjie-familie bewys dat ons tot álles in staat is deur Christus wat ons krag gee. Totsiens, maar nie vaarwel nie!

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen