Reis na selfstandigheid
Herstelproses ná gru-ongeluk
Die Padongelukkefonds (MVAF) help 'n 12-jarige seun op sy lang pad na herstel.
Die 12-jarige Junias Shafuda se lewe het op 12 Augustus 2020 onherroeplik verander ná ’n kop-teen-kop-botsing.
“Hy was vir amper twee maande in intensiewe sorg en ek het gedink hy sal nooit weer dieselfde wees nie,” vertel sy pa, Nehemia.
Tog is Junias, wat saam met sy ouers in Windhoek bly, se storie nou een van hoop, moed en ’n voorbeeld om struikelblokke te oorkom.
Junias het tydens die ongeluk veelvuldige beserings en trauma aan sy ruggraat opgedoen, wat hom afhanklik van ander mense gemaak het om selfs net daaglikse aktiwiteite, soos eet, aantrek en om die toilet te gebruik, te verrig.
Nogtans kon hy – met ongelooflike wilskrag en die ondersteuning van sy familie en die Padongelukkefonds (MVAF) – homself weer op die herstelpad plaas.
Ná maande van intensiewe rehabilitasie en fisioterapie herwin Junias sy selfstandigheid, een dag op ’n slag.
Alhoewel dié graad 7-leerling in ’n rolstoel is aangesien sy onderste ledemate weens die ongeluk verlam is, is hy nou weer in staat om sommige daaglikse aktiwiteite self te verrig.
Hy bestuur sy rolstoel self en hoewel hy nie meer kan loop nie, is hy dankbaar dat hy nog die gebruik van sy hande het om ’n bal te gooi en met vriende te kan speel.
Junias se hoofdoelwit was om terug skool toe te gaan. Hy het dié doelwit ’n paar maande ná sy ongeluk bereik en is tans ’n trotse graad 7-leerling.
“Ek is bly vir wat die MVAF vir my gedoen het. Hulle het ons huis reggemaak en vir my ’n rolstoel gegee, sodat ek weer terug skool toe kon gaan,” sê Junias.
Die MVAF het Junias se huis in Wanaheda, Katutura, aangepas om hom toe te laat om onafhanklik en veilig rond te kan beweeg.
Nehemia moedig die fonds aan om aan te hou om ongelukslagoffers só te help.
“Ek is gelukkig met die ondersteuning wat die fonds sedert die ongeluk aan my seun bied,” sê hy.
“Nou – ná rehabilitasie – is Junias ’n gelukkige seun wat daarvan hou om ’n bal saam met ander kinders te gooi. Hy is slim en gedra hom goed,” voeg Nehemia by.
Hy sê Junias ervaar op die oomblik geen struikelblokke op sy herstelpad nie, danksy die MVAF se gevallebestuurder.
“Wanneer ons ’n probleem het, bel ons sy gevallebestuurder en sy maak seker die probleem word onmiddellik opgelos. Ons is dankbaar vir haar hulp,” vertel hy.
“Die herstelpad is nie maklik nie, dus bly dit die fonds se prioriteit om te verseker ernstig beseerde persone kry optimale ondersteuning in hul reis om weer selfstandig te word,” sê die MVAF se kommunikasiebestuurder, Hilaria Graig.
Sy moedig almal aan om goeie gedrag op Namibië se paaie te handhaaf, om verkeersreëls na te kom en om alle ongelukke by 9682 spoedig aan te meld,” het sy gesê.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen