Loading svg Please wait while we translate the article
 Die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees vind vanjaar plaas in Tsumeb. Foto 2022 verskaf
Die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees vind vanjaar plaas in Tsumeb. Foto 2022 verskaf

’n Gimtastiese fees

Tsumeb skuif reg vir kuns-, kultuur- en krieketpret
Die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees sowel as die Spar/Build It-Krieketfees skop op 20 September af.
Jeanette Diergaardt
“Ons verwag ongeveer 2 000 mense by die fees. Met ongeveer 40 krieketwedstryde, 500 items, ses uitstekende Napso-kokertjiespanne en 12 wetenskapuitstallers kan ons nie anders as om opgewonde te wees nie.” Só sê Minjonne Lepen, die mediabeampte vir die Nictus Napso Kuns- en Kultuurfees sowel as die Spar/Build It-Krieketfees wat vanjaar by Tsumeb Gimnasium aangebied word.



Die verskeie items wat in die kultuurafdeling aangebied word is dans, drama, sang, instrumenteel, visuele kunste, koorsang en spreekkore, asook monoloë wat in Afrikaans, Duits en Engels voorgedra kan word.



Een van die hoogtepunte van die week is ’n optrede deur Pietman Geldenhuys. Dié Suid-Afrikaanse storieverteller, akteur en sanger sal Donderdagaand 21 September op die verhoog te sien wees en as die seremoniemeester optree vir die galageleentheid wat die Vrydagaand aangebied word.



Die eerste dag begin met al die kultuurverrigtinge wat tot die Saterdag sal duur. Woensdagaand kom al die borge en betrokke rolspelers bymekaar vir die amptelike opening van die kultuur- en krieketfees.



Die vierdagprogram sluit ’n wetenskapuitstalling in wat die Donderdag sal plaasvind. Die jong kokke van die betrokke skole sal ook met hul vernuf in die kombuis spog tydens die kokertjie-tentoonstelling wat ook die Donderdag aangebied word.



Buiten die kultuur beloof die krieketfees ook om ’n hoogtepunt vir die week te wees. Die krieketproewe begin op Donderdag 21 September en die wedstryde skop op dieselfde dag af. Die Vrydag daarna vind die krieketfees oor die hele dag plaas asook en die kultuur- en galageleentheid.



Twee belangrike geleenthede is vir Saterdag geskeduleer, naamlik die aankondiging van die krieketspan en die toneelspel-items.

Ouers en die publiek kan teen N$150 die week se verrigtinge meemaak. Dié koste dek toegang vir die hele week. Vir die skoliere wat deelneem is dit gratis. Betalings sal deur middel van ’n kaartjiestelsel gemaak word.

Ouers kan ook self gazebo’s by die skool reël, maar dié reëlings moet vroegtydig getref word.

Vir meer inligting en enige navrae kan belangstellendes ’n e-pos stuur na [email protected].

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-23

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!