Só vier Namibiërs Kersfees in ander lande
Met lekkernye van Glühwein tot pavlova word daar by Kerstradisies van ander lande ingeval.
Francoise Steynberg – Namibiërs wat in die buiteland bly, vertel hoe hulle Kersfees in hul nuwe lande vier.
Tog skemer die verlange na familie en hul geboorteland, veral oor Kerstyd, deur.
Hier gee Namibiërs in Switserland, Nieu-Seeland, Australië en Taiwan 'n blik op die Kerstradisies van die lande:
Isa Konrad, Switserland
Isa Konrad is ‘n oud-Namibiër wat in Switserland woon en bekende skrywer van Afrikaanse boeke. Haar mees onlangse boek is Doodsake op Karibib, wat volg op Moord op Karibib.
Die eerste Sondag van Desember is die eerste “Advent” in Switserland. Dit is wanneer die Kersliggies in die dorpe en stede aangeskakel word, en die Kersmarkte begin. Tradisionele versierings, koekies, Glühwein en Adventkalenders word daar verkoop. Behalwe vir gewone Adventkalenders maak ons ook Adventkalenders van ons huise.
Elke woonhuis in die buurt kry ´n datum in een van die vensters, van 1 Desember tot 24 Desember, en dié venster word mooi versier. Wanneer jou huis se datum aanbreek, steek jy ´n kers in die venster aan. Dit is soos ´n uitnodiging vir ander mense in die buurt om by jou te kom Glühwein drink en koekies eet. Teen die 24ste is almal vetter as wat julle op die 1ste was!
Gedurende die vier weke van Advent is daar optogte, Kersvaders wat lekkers vir die kinders uitdeel, straatopvoerings van die Bethlehem-storie – met regte donkies en skape, maar darem nie ´n regte baba nie – en Kerskonserte.
In Zürich is daar elke jaar ´n massiewe singende Kersboom. Die “versierings” aan die boom is die koorlede in rooi serpe en rooi musse. Dit is nogal iets om te beleef. Switserse Kersliggies is nooit gekleur nie, ons gebruik net wit liggies.
Die kinders kry hul persente die aand van 24 Desember. Elke kind kry ook ´n “Guetzli”-sak vol neute, sjokolade en nartjies. ´n Tipiese Switserse Kersmaaltyd bestaan uit gekookte ham, aartappel in die skil, gevul met melk en gesmelte kaas, neutekoek en ´n berg tuisgebakte kersfeeskoekies. En natuurlik Glühwein. In ons huis maak ons boerewors en gebakte eiers in plaas van ham en aartappel.
Mariana Wagner, Christchurch, Nieu-Seeland
Mariana bly al ses jaar in Nieu-Seeland. Sy en haar man toer vir ses maande van die jaar die wêreld vol en doen graag staptogte, maar is gesetel in Christchurch.
Ons is elke jaar in Nieu-Seeland vir Kersfees. My man is gewoonlik op toer so ek vang op met hom waar ook al hy is en dan het ons net ‘n stil Kersfees saam of ek gaan Auckland toe en geniet die tyd saam met my broerskind en sy gesin.
Kerstyd is vir my persoonlik baie belangrik, nie vir die blink en die geskenke nie, maar Kerstyd is vir onthou, liefde, omgee en waardeer. Om met die familie via WhatsApp te praat is die grootste Kersgeskenk wat ek kan kry.
Die Kiwi’s gaan groot oor Kersfees. Hier sluit die skole net voor Kersfees en tradisioneel sluit die besighede ook oor die Kerstyd tot en met Nuwejaar.
Tradisioneel sal hulle Kersfees by die huis saam met familie vier. Die Kiwi’s eet “hangi”. Dit is ‘n Maori-feesmaal gekook in ‘n groot gat met warm klippe in en dan toegemaak met nat sakke, braaivleis en pavlova vir poeding.
‘n Kiwis is die uitvinder van die pavlova-poeding. Die Aussies is in dispuut hieroor, maar dit is nou deur en deur bewys dit is deur ‘n Kiwi-sjef vir die wêreldbekende Russiese ballerina, Anna Pavlova, voorberei toe sy in 1920 Australië en Nieu-Seeland besoek het.
Die 26ste is die exodus na die familievakansieplekke. Hoe meer afgesonder, hoe beter. Die Kiwi’s geniet hul buitelewe soos ons. Solank hulle kan visvang, kajak, boot of fiets ry in die natuur, is hulle gelukkig.
Ja, ek verlang en ek mis Namibië, maar ek is ook dankbaar vir die voorreg om dit te kan beleef en ervaar.
Juanita du Plessis, Melbourne in Australië
Juanita is ‘n voormalige joernalis van Republikein wat ná sy lank in Engeland gebly het, in Melbourne gaan nesskop het.
Kersfees hier is baie dieselfde as in Namibië. Oukersaand kuier ons gewoonlik by een groep vriende, maar in plaas van vleis in die oond bak, word dit op die “BBQ: gedoen.
Daar is gewoonlik bure en ander vriende en die kinders, groot en klein, het ‘n rojale tyd. Daar is groente, aartappels, slaaie, tuisgebakte Kerskoek met vrugte en brandewyn met brandewynbottersous, roomys, vrugteslaai en koekstruif.
Aan die verversings se kant is daar wyn, sjampanje en later in die aand gewoonlik ‘n paar stywe “single malt” whiskeys net saam met ys, en later bietjie sjerrie. Die kinders eindig gewoonlik in die swembad op.
Kersdag self gaan ons gewoonlik teen midderdag na my beste vriendin en haar gesin toe. Sommige jare is dit net ons en ander jare is daar ander vriende en soms familie ook. Ons almal bring gewoonlik iets te ete - slaaie, koue vleise, heerlike kase van oraloor die wêreld, kersies, haselneute, en wyn en sjampanje.
Soms vier ons ook “Christmas in July”.
My beste vriendin is Joods, maar is mal oor Kersfees. ‘n Paar jaar gelede het ons ‘n “Christmas in July” by my Joodse vriendin gevier, kompleet met Asiese disse op die spyskaart. Ek moes nagereg maak en so maak ek toe groentee-roomys met frambose en lietjies.
Marisa Bodenstein, Hsinchu, Taiwan
Marisa, oorspronklik van Kamanjab, gee al 16 jaar Engels in Hsinchu in Taiwan.
Tydens Kersfees in Taiwan verlang ons verserker na Namibië. Ons verlang en dan kook ons storms op. Ons vertel stories van hoe ons grootgeword het en hoe Kersfees op Torrabaai was.
Dan lag en huil en eet ons tot dit nag raak. En dan steek ons ‘n vuurtjie aan en sit en sing te lekker.
Tuis voel is net by die huis en huis sal altyd n plekkie hê, al is dit ver.
Pierre Changuion, Christchurch, Nieu-Seeland
Pierre is ‘n voormalige subredakteur van Republikein en werk nou vir die mediamaatskappy, Fairfax Media.
In Nieu-Seeland is Kersfees meer van ‘n geleentheid as wat dit in Namibië is.
Kersversierings in winkels begin nou al en teen die einde van die maand sal die huise ook binne en buite vol versierings en liggies wees.
Opmerklik vier mense hier Kerstyd, en nie net Kersdag nie. Sommige gaan kerk toe, maar vir die meeste is dit ‘n sekulêre feestyd.
Vir my as joernalis is die 25ste egter ‘n werkdag, so ná die middagmaal kies ek koers nuuskantoor toe.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen