Namibië is reg vir 2025
Namibië se ekonomie is terug op voor-Covid vlakke, volgens President Nangolo Mbumba, met mynnbou, olie en gas, kritieke minerale en groen waterstof verwikkelinge wat die herstel aanspoor. “Verder sal groei in die nie-mineraal ekonomie, insluitend toerisme, na verwagting aanslag kry, 'n gooie voorspelling vir werkskepping in 2025 en daarna,” sê die president.
Mbumba het vanjaar se aankoms op Oujaarsaand verwelkom met 'n openbare toespraak om Namibiërs geluk te wens vir hul vasberadenheid en deursettingsvermoë deur die loop van 2024.
Die afgelope jaar was eienaardig nadat dit met die onverwagte heengaan van weile president Hage Geingob op 4 Februarie met ‘n skok afgeskop het. “Ons bestuursargitektuur is getoets, maar het stewig gebly, regdeur die verreikende institusionele veranderinge wat op daardie noodlottige dag plaasgevind het – ’n dag waarop ek die vierde president van die Republiek van Namibië geword het en Haar Eksellensie Dr. Netumbo Nandi-Ndaitwah, die derde visepresident van Namibië,” herinner Mbumba. “Sonder twyfel, vanuit ons gesamentlike treur kom ons sterker en baie meer verenig as ‘n nasie na vore,” sê hy.
Mbumba lê klem op die uitkoms van die ‘jaar van verwagtinge,’ soos Geingob vir 2024 gedoop het. Die verkiesing van Nandi-Ndaitwah om Namibië se eerste vroulike president te word, is tussen die mylpale wat president Mbumba uitlig. In 2025 sien Namibië die opkoms van ‘n nuwe generasie van leierskap, “die einde van die hoofstuk van die generasie wat in die sestiger jare in ballingskap gegaan het. Ek salueer die generasie van die sestigs, wie die verhoog verlaat om die generasies van die sewentigs en tagtiger jare toe te laat om die hoofverhoog oor te neem,” sê hy.
Mbumba het infrastruktuur ontwikkeling, sport, die bou van klaskamers, klinieke en polisiekantore genoem, tussen 2024 nasionale prestasies. Hy roep op meer gemeganiseerde en volhoubare Landbou om voedselsekerheid te verseker.
Die president het herhaal dat hy reeds op 22 Mei ‘n droogtenoodgeval verklaar het, en met die selfde asem vir regeringsbeamptes gewaarsku om vir verwagte reën waaksaam te bly. “Verseker niemand sterf van hongerte of word voor die einde van die reënseisoen in voedsel onsekerheid gelos nie,” was sy opdrag.
Internasionale roep Namibië aanhoudend vir vrede in Sudan, die Sahel en die ooste Demokratiese Republiek die Kongo (DRK), en terugkeer na normaalheid in Mosambiek, sê Mbumba. Hy soek vrede in die midde-Ooste, die einde van geweld in Gaza en ‘n wapenstilstand in die Rusland-Oekraïne konflik.
“Namibië is 'n vreedsame land en sal voortgaan met die strewe na geregtigheid, solidariteit en vrede in 'n gebroke en onseker wêreld waar konflik toeneem,” sê hy, en ook; “Deur ons werk as medevoorsitter van die Beraad van die Toekoms, het ons weer Namibië se toewyding aan multilateralisme gewys en 'n onuitwisbare voetspoor in die geskiedenis van die Verenigde Nasies gelos,” sê Mbumba.
“Hierdie komende jaar is belangrik omdat ons land 35 jaar van onafhanklikheid vier en so mondig word. Dit werg van ons meer individuële en gesamentlike pogings om die belofte van voorspoed, wat die stigterspresident Sam Nujoma op onafhanklikheid in 1990 voor geroep het, te bewaarheid. In alles wat jy doen, maak seker jy beplan om jou drome en aspirasies te verwesenlik. Maak seker jou hope en aspirasies is deel van jou bydrae as burger, tot ‘n beter Namibië in 2025.”
“Maak seker 2025 is die jaar van Namibië,” sê die president.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen