Loading svg Please wait while we translate the article

Diewe slag ses beste stoetkoeie

Laat meeste vir aasvoëls agter
'n Stoetboer van die Outjo-omgewing het onlangs op 'n gruvonds afgekom toe veediewe ses van sy beste stoetkoeie geskiet het, net om vier op die toneel agter te laat.
Elvira Hattingh
Veediewe het onlangs ses van ’n stoetteler se beste Simbra-koeie geslag, net om vier se karkasse vir die aasvoëls agter te laat.

Intussen is twee verdagtes reeds aangekeer en is beslag gelê op twee voertuie en ’n vuurwapen wat klaarblyklik in die misdaad gebruik is.

De Wet Prinsloo, wat sowat 50 km vanaf Outjo grond vir sy beeste huur, vertel dit het gebeur terwyl hy vier dae op ’n ander huurplaas werksaam was om waterprobleme te herstel.

“Ek was die Maandag by die beeste en alles was toe nog reg,” het Prinsloo, die eienaar van Tzobaas Simbra-stoetery, vertel. Hy het egter die Saterdag afgekom op die grutoneel van aasvoëls en dooie beeste toe hy lek vir sy beeste wou uitsit.

“Ek het sewe van my beste stoetkoeie in die spesifieke kamp uitgehou omdat ek later die jaar KI (kunsmatige inseminasie) op hulle wil uitvoer,” het Prinsloo vertel.

Hy het ontdek dat ses van die koeie doodgeskiet is, met ’n kalf se beendere wat ook daar naby gelê het.

“Die slagters het net met twee se vleis weggery. Een van die koeie asook ’n kalf van een van die geslagte koeie het weggekom. Die kalf moet nou hans grootgemaak word,” vertel Prinsloo.

VERLIES

“Die skade is onverhaalbaar. Die geldelike waarde van die ses geregistreerde stoetkoeie is sowat N$180 000. Die probleem is dat dit uitgesoekte genetika is wat net nie weer bymekaargemaak kan word nie. Dit is topgenetika en van die beste koeie wat ek besit, met twee wat selfs van Suid-Afrika ingevoer is.

“Drie van die koeie kom van die gesogte Otjiwarongo-teler, Arthur Baggot-Smith, wat intussen opgehou boer het. Daarom sal ek nooit weer daardie genetika kan bekom nie. Daarbenewens kan jy nie nou eers beeste vanaf Suid-Afrika invoer nie weens die uitbreking van bek-en-klouseer in die buurland,” het hy gesê.

METODE

Prinsloo sê hulle het uitstekende samewerking van die polisie asook die plaaslike teenmisdaadforum gehad wat die toneel met honde gefynkam het. Dit blyk die beeste is rondom Woensdagnammiddag geskiet.

“Die verdagtes het geen moeite gedoen om hul spore te bedek of die karkasse weg te steek nie. Hulle het duidelik baie goeie inligting gehad oor presies waar om die beeste te gaan haal en het via ’n buurplaas ingekom. Die hek waar hulle ingekom het, is altyd gesluit, maar is blykbaar tydens die misdryf vir hulle oopgesluit,” het Prinsloo gesê.

‘REGSTELSEL FAAL ONS’

“Ek doen moeite om goeie genetika aan die mark beskikbaar stel. Ek doen dit vir ons land en ek skep werk, maar dan kom daar mense en skiet ses beeste en vat net twee se vleis. Dis nie hongerte nie, maar eerder ’n geldmaakstorie,” sê Prinsloo.

Prinsloo sê boonop erken die veediewe net skuld in die hof en word ’n minimale boete van byvoorbeeld N$2 000 opgelê. “Daarteenoor verkoop hulle twee beeste se vleis vir sowat N$30 000. Dis mos goeie besigheid,” sê hy.

Prinsloo is vol lof vir die polisie wat, midde hul eie uitdagings, dikwels daarin slaag om wel verdagtes vas te trek.

“Die polisie ken al hulle name en ry reguit na hul huise toe om hulle elke keer opnuut te arresteer. Hulle kom net weer uit op borgtog. Die probleem is dat die regstelsel ons faal en die oortreders aanhou uitkom.

“Die oortreders kom eintlik niks oor nie en staan en lag jou boonop uit as hulle in hegtenis geneem word. Die misdadiger het meer regte as die wetsgehoorsame burger en die regstelsel faal óns,” het hy bygevoeg.

- [email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-10-18

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Currency: GBP to NAD 22.85 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.95 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 713.06/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.78% | Zinc US$ 3 074.50/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 74.36/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 1 006.28/OZ UP +1.19% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.85 | EUR to NAD 19.03 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.56 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.95 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.56 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 713.06/OZ UP +0.71% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.78% | Zinc US$ 3 074.50/T UP 0.65% | Brent Crude Oil US$ 74.36/BBP DOWN -0.0048 | Platinum US$ 1 006.28/OZ UP +1.19%