Dis skoutyd!

Francoise Steynberg
Die pas afgelope Grootfontein Skou word as ’n reusesukses beskryf met die Gobabis Landbouskou en Windhoek Landbou- en Lewendehaweskou wat beide vandeesweek afskop.

Verskeie veetelers is vol lof oor die goed georganiseerde Grootfontein Skou, met telers wat meer diere as verlede jaar ingeskryf het. Telers het van so ver as Otjiwarongo en Gobabis gekom en dit blyk dat die skoue herstel begin toon ná die Covid-19-pandemie.

Altesaam 15 beestelers het vanjaar meer as 120 beeste ingeskryf asook 14 kleinveetelers met 240 stuks kleinvee. Daar was altesaam 84 klasse.



GOBABIS

Die Gobabis Landbouskou skop Donderdag by dié Oostedorp se skougronde af en duur tot Saterdag. Donderdag vind die slagoskompetisie van 36 slagosse plaas. Midde die droogte sal daar 35 beeste op die skou vertoon word, maar die goeie nuus is dat die hoeveelheid kleinvee vanjaar verdubbel het tot 180 stuks kleinvee (bokke en skape).

Een van die hoogtepunte is die perdeskou van Skai Arabierperde wat Vrydag plaasvind. Boonop sal daar Vrydag ook ’n verskeidenheid interessante landboupraatjies aangebied word. Die aand word met ’n boere-opskop by die skoudans afgesluit.

Die veeparade vind Saterdag plaas waar telers met hul lewende hawe kan spog.



WINDHOEK

Die Windhoek Landbou- en Lewendehaweskou begin Vrydag in die hoofstad by die skougronde en duur tot 5 Oktober met sowat 430 diere wat ten toon gestel sal word.

Top-stoetvee kan daagliks vanaf 07:00 tot 21:00 besigtig word. Altesaam 11 beesrasse en ses kleinveerasse (bokke en skape) sal ten toon gestel word.

Die beesskou vind vanaf Vrydag tot Dinsdag 1 Oktober plaas met die 131ste jaarkampioenskap van Simmentaler wat Saterdag aangebied word.

Die kleinveeskou vind vanaf Maandag 30 September tot Vrydag 4 Oktober plaas met die Van Rooy-skaapkampioenskap op Woensdag 3 Oktober. Die kleinveeveiling vind op Vrydag 4 Oktober om 10:00 plaas. Die slagoskompetisie vind Vrydag om 14:00 plaas.

’n Hoogtepunt is die Feedmaster/Bank Windhoek Jeug- beesbeoordelaarskompetisie met die 21 jong finaliste wat sake op Maandag 30 September sal uitspook.



PJ BUDLER

Een van die hoogtepunte van die beesskou is die teenwoordigheid van PJ Budler.

Hy is ’n hoogs ervare en bekwame internasionale beesbeoordelaar, wat ’n indrukwekkende 95 verskillende beesrasse in 44 lande beoordeel het. Sy toewyding en kundigheid op die gebied van beesbeoordeling is werklik merkwaardig.

In 2017 het Budler geskiedenis gemaak deur die eerste beesbeoordelaar te word wat ’n nasionale skou op al ses vastelande gelei het, wat sy reputasie as ’n leier in die bedryf verder verstewig het. Sy uitgebreide kennis en passie vir beesbeoordeling maak van hom ’n gerespekteerde figuur onder telers wêreldwyd.

Budler het op ’n beesplaas in Suid-Afrika grootgeword. Op 15-jarige ouderdom het hy BonHaven Beef Cattle gestig. Tussen 1996 en 2012 het hy BonHaven tot vyf plekke in drie verskillende lande laat groei. Die Hereford-, Angus-, Red Angus-, Braford- en Brahman-kuddes het groot sukses behaal deur talle nasionale skoue te wen en veilingsrekords op die vasteland op te stel.

In 2012 het PJ na die Amerikaanse deelstaat Texas verhuis, waar hy die internasionale sakebestuurder vir Trans Ova Genetika is. Hierdie posisie, tesame met die bestuur van die jaarlikse “Champion of the World”-kompetisie, die beoordeling van skoue, praatjies by geleenthede en beeskonsultasies het hom tot dusver na 48 Amerikaanse state en 112 verskillende lande geneem. – [email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-09-25

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano | Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.27 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 661.09/OZ UP +0.11% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0087 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.68/BBP DOWN -0.0204 | Platinum US$ 986.88/OZ DOWN -0.0015 #N/A