Loading svg Please wait while we translate the article
Qingyun Diao is as die nuwe FAO-verteenwoordiger in Namibië aangestel. FOTO VERSKAF
Qingyun Diao is as die nuwe FAO-verteenwoordiger in Namibië aangestel. FOTO VERSKAF

FAO in Namibië stel nuwe verteenwoordiger aan

Elvira Hattingh
Die Verenigde Nasies (VN) se Voedsel- en Landbouorganisasie (FAO) se Namibiese kantoor het verlede week aangekondig dat Qingyun Diao as die nuwe FAO-verteenwoordiger in Namibië aangestel is. Haar aanstelling is effektief vanaf 24 Junie.

Sy spog met ’n magdom landboukennis en het ’n passie vir volhoubare ontwikkeling.

Diao beskik oor ’n meesters- en doktorsgraad in entomologie wat sy by die Chinese Landbou-universiteit in Beijing verwerf het. Sy was vantevore die hoof van die landboukantoor by die Chinese-ambassade in Mexiko.

Sy het in 1998 as ’n wetenskaplike by die Instituut vir Byenavorsing (IAR) in Beijing begin werk. Tussen 2007 en 2010 werk sy as direkteur van beide die IAR en die kantoor wat verantwoordelik is vir die bestuur van spesiale navorsingsprojekte vir openbare welvaartsbedrywe.

Vanaf 2010 tot 2015 dien sy as hoofwetenskaplike by China se Nasionale Navorsings- en Ontwikkelingsprogram vir Tegnologie en tussen 2009 en 2018 as direkteur van die IAR se hoofkantoor.

Verder was sy tussen 2014 en 2022 direkteur van Internasionale Samewerkingsprojekte by die IAR asook hoofwetenskaplike van die Chinese Akademie vir Landbounavorsing (CALN) vanaf 2015 tot 2021.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-10-19

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

LaLiga: Deportivo Alaves 2 vs 3 Real Valladolid European Championships Qualifying: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United English Championship: Leeds United 2 vs 0 Sheffield United Katima Mulilo: 22° | 41° Rundu: 20° | 40° Eenhana: 20° | 37° Oshakati: 19° | 36° Ruacana: 20° | 36° Tsumeb: 20° | 35° Otjiwarongo: 15° | 32° Omaruru: 15° | 32° Windhoek: 14° | 28° Gobabis: 14° | 32° Henties Bay: 12° | 17° Wind speed: 25km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:12, High tide: 04:24, Low Tide: 22:40, High tide: 16:38 Swakopmund: 12° | 15° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:22, Low Tide: 22:38, High tide: 16:36 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:10, High tide: 04:21, Low Tide: 22:38, High tide: 16:35 Rehoboth: 13° | 30° Mariental: 14° | 31° Keetmanshoop: 11° | 25° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 12° | 23° Ariamsvlei: 12° | 26° Oranjemund: 12° | 17° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 20° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 25° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 15° | 26° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 28° Windhoek: 14° | 28° Cape Town: 13° | 18° Durban: 18° | 19° Johannesburg: 17° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 22° | 36° Harare: 19° | 33° #N/A #N/A