Groenskemas: Só vorder die bieproses
Sluitingsdatum vir drie uitgestel
Na verwagting sal die suksesvolle bieërs vir die land se groenskemas vroeg in volgende jaar aangekondig word, afhangende daarvan of enige besware aangeteken gaan word.
Die ministerie van landbou, water en grondhervorming sê terwyl die ministerie besig is om deur bieërs se voorstelle te werk vir die uitverhuring van ander groenskemas, word die sluitingsdatum vir Uvungu Hvungu-, Ndonga Linena- en die Oranjerivier-projekte aangeskuif.
Die sluitingsdatum vir dié drie groenskemas is nou 16 Desember, volgens ’n kennisgewing wat die ministerie verlede Dinsdag uitgereik het.
“Dit is om meer tyd aan die bieërs te gee,” het Jona Musheko, woordvoerder van die ministerie, aan AgriMonitor verduidelik.
“Gegewe die vereiste benodighede probeer ons bedagsaam wees.”
Musheko het verduidelik hulle kyk na beide tegniese en finansiële voorstelle om die beste bieër aan te wys. Daarna volg die verhuringsooreenkoms.
“Tans verkies ons ’n sogenaamde bou, bedryf en dra oor (BOT)-ooreenkoms vir skemas waar daar geen strukture of geriewe in plek is nie.
“In gevalle waar daar bestaande landbougeriewe is, maar dit nie heeltemal ontwikkel is nie, moet die bieërs die koste van die opgradering, bouwerk of ontwikkeling dra sodat die groenskemas kommersieël lewensvatbaar is,” het Musheko verduidelik.
“Dit is alles BOT-ooreenkomste.”
Na verwagting sal die suksesvolle bieërs vroeg in volgende jaar aangekondig word. Dit hang egter daarvan af of mededingers beswaar gaan aanteken of klagtes lê, het Musheko verduidelik.
“Dit sal ons verkrygingsbesluite vertraag – veral op groot projekte of tenders. Die verkrygingswet maak egter voorsiening vir klagtes,” is gesê.
POTENSIAAL
Dit volg nadat die landbouminister, Calle Schlettwein, onlangs aan landbou-produsente in die Mieliedriehoek gesê het Namibië sal selfs ’n surplus van grane kan produseer, sou al die groenskemas produktief wees en net tien ton per hektaar kon produseer.
“Dit is nog sónder om die gewasse in berekening te bring wat Namibië op droëlande produseer. Dit is die potensiaal waarmee ons sit,” het die minister gesê.
Schlettwein het ook gesê Namibië beskik oor genoeg plaaslike kennis om die groenskemas te laat herleef, sonder enige betrokkenheid van buitelanders of om buitelandse hulpbronne te gebruik. Hy meen pensioenfondse en private beleggings is beskikbaar om as kapitaal te dien.
“As ons dit kan kombineer, het ons alles wat ons nodig het sonder dat ons na buitelanders hoef uit te reik vir hulp,” het Schlettwein gesê.
Hy sê Namibië is tans nie selfvoorsienend in enige gewasse nie, maar dat Namibië vanjaar nader as ooit daaraan gekom het wat witmielieproduksie betref.
“Ek verstaan ons het vanjaar digby 110 000 ton mielies geoes. Om selfvoorsienend te kan wees, moet ons tussen 150 000 ton en 220 000 ton mielies kan produseer, maar dit hang egter af van hoeveel mahangu geoes is," het hy verduidelik.
“Ons kom daar, maar ons maak nog hoofsaaklik staat op droëlandproduksie terwyl ons ’n reusepotensiaal vir besproeiing het,” het hy gesê.
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen