Hofsake oor wildstropery sloer
Omaheke is brandpunt vir bosslagtery
Wildstropery vir vleis het in 2023 sowat 37% van alle geregistreerde wildmisdaadgevalle uitgemaak.
Boere gaan steeds gebuk onder wildstropery, met die afhandeling van wildmisdaadhofsake wat aan die kortste end trek.
Geregistreerde vleisstroperygevalle het die afgelope jaar met 29% gedaal, terwyl arrestasies wat met vleisstropery verband hou met 28% gesak het.
Dit is volgens die Nasionale Verslag oor Wildlewebeskerming en Wetstoepassing 2023 wat verlede week in Windhoek bekend gestel is.
Wildstropery vir vleis (in die verslag gedefinieer as kameelperde, buffels, sebras, wildsbokke en vlakvarke, hoewel ander spesies ook vir vleis gestroop word) het in 2023 sowat 37% van alle geregistreerde wildmisdaadgevalle uitgemaak.
“Dit is 'n bestendige daling van ongeveer 45% in vorige jare, alhoewel daar geglo word dat bosslagsake ondergerapporteer is, aangesien bewyse op ’n misdaadtoneel dikwels uiters beperk is, veral in gevalle waarby georganiseerde kommersiële stroperysindikate betrokke is,” lui die verslag.
Die brandpunt vir bosslagtery is die Omahekestreek.
Volgens die verslag is 389 wildmisdaadsake in 2023 aangemeld, 654 verdagtes is in hegtenis geneem en 96 hofsake is gefinaliseer.
GEWOONTEMISDADIGERS
Geregistreerde wildmisdaadsake en inhegtenisnames was verlede jaar laer as dié wat gedurende 2022 vir die meeste kategorieë aangeteken is.
“Die algehele aantal geregistreerde sake het met 12% afgeneem, terwyl arrestasies met 8% gedaal het.”
Adjunkkommissaris Barry de Klerk, die hoof van die Blue Rhino-taakspan, het gesê daar is ook na gewoontemisdadigers gekyk en van die 1 357 verdagtes wat oor twee jaar gearresteer is, is 1 222 vir die eerste keer en 78 vir die tweede keer in hegtenis geneem.
Daar was egter een ou kalant wat al agt keer gearresteer is in verband met wildmisdaad en vyf wat sewe keer vasgetrek is.
Die vermeende wildmisdadigers is meestal Namibiërs, gevolg deur Zambiërs en Angolese.
HOFSAKE SLOER
Die afhandeling van wildmisdaadsake bly een van die grootste uitdagings rakende wildbeskerming en wetstoepassing in Namibië.
Volgens die tydelike spesiale wildmisdaadhowe wat gedurende 2022 gehou is, het die jaarlikse verhouding van geregistreerde tot afgehandelde hofsake aansienlik verlaag – van 1,47 tot 1. Altesaam 364 hofsake is geregistreer, waarvan 247 sake afgehandel is.
Die jaar 2023 het weer ’n veel groter gaping gehad, met 3,28 keer soveel hofsake geregistreer as afgehandel. Altesaam 315 hofsake is geregistreer en 96 gefinaliseer.
AGT RENOSTERS OP PLASE GESTROOP
Intussen is altesaam 57 renosters reeds vanjaar gestroop, waarvan die meerderheid – 29 – in die Etosha Nasionale Park afgemaai is.
De Klerk het gesê van die 57 renosters wat tot dusver vanjaar gestroop is, was 40 swartrenosters en 17 witrenosters.
Hy het gesê dat agt van hierdie renosters op private plase gestroop is, terwyl nege gestroopte renosters in die bewaringsprogram was, twee van die Waterberg-platopark en die res van Etosha.
Verskeie renostereienaars het handdoek ingegooi en hul renosters verkoop weens die uitdagings van stropery en die droogte.
Volgens die verslag beloop die gemiddelde jaarlikse koste om wildmisdaad te bekamp N$250 miljoen per jaar of N$2 miljard oor tien jaar.
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen