Kan turksvye vervuil?
Kritici debatteer
Omgewingsgroepe is bekommerd dat die gewas dalk kan terugslaan na 'n doringagtige voorgeslag, of in hoë reënvalgebiede kan vervuil.
Terwyl sekere rolspelers kommer uitgespreek het oor die aanplant van doringlose turksvye in Namibië en die moontlikheid daarvan dat dit sal vervuil, meen ’n kenner daar is nie rede tot kommer nie.
Dr. Herman Fouché, ’n navorser met meer as 20 jaar se ervaring in die gewas wat verbonde is aan die Universiteit van die Vrystaat se fakulteit natuur- en landbouwetenskappe, sê oor die 120 jaar wat daar met doringlose turksvye in Suid-Afrika geboer is, is daar nog nêrens tekens gevind dat dié soort turksvy indring of vervuil nie.
Hy het die afgelope weke, op uitnodiging van Namibiese boere, verskeie inligtingsdae oor die aanplant van doringlose turksvye op verskeie plekke in die land aangebied.
Intussen het plaaslike omgewingsgroepe asook dr. Coleen Mannheimer, ’n botanis en outeur van boeke soos Tree Atlas of Namibia, bevraagteken of turksvye nie wel moontlik in hoë reënvalgebiede sal vervuil nie. Sy het bygevoeg sy sal graag gepubliseerde navorsing wil sien wat bevestig dat die gewas nie mettertyd wel terugslaan na sy doringagtige voorgeslagte nie – veral in gevalle waar voëls dalk die vrugte eet en die saad in hulle mis agterlaat, waar daar weer turksvye kan groei. Sy het voorbeelde genoem van ander kaktus-tipes wat reeds probleemplante in Namibië geword het en tans met moeite bestry word.
Mannheimer het meer as 20 jaar se ervaring in die identifisering van inheemse plante en is betrokke by gespesialiseerde studies oor bedreigings vir Namibiese flora.
Sy het bygevoeg vervuilde turksvye kan nie so maklik met cactoblastis (motte) en cochenille (’n tipe plantluis) uitgewis word nie omdat hierdie insekte dit net tot op ’n punt doodmaak en nie 100% suksesvol is nie. Buiten dat dit moeilik is om die insekte in te voer om kaktusse te beheer, is sy van mening dat dit nie ’n goeie oplossing is nie.
’n Boer wat ook bekommerd is oor die vervuiling van die plant, het gesê "hordes" doringagtige turksvye groei reeds wild in die veld op die pad vanaf Otjiwarongo, Otavi en Kombat.
KLEIN KANS
Fouché sê egter die kans dat die doringlose turksvye sal terugslaan na voorgeslagte, wat dan kan vervuil, is baie klein.
Hy sê turksvyboorde in die Karoo, byvoorbeeld, is alreeds 120 jaar oud en toon tot dusver geen tekens van indringing nie.
“Teoreties is daar dalk ’n kans, maar dit is baie klein. Ek sou nie daaroor bekommerd wees nie,” het hy gesê en bygevoeg die doringlose tipe sal nie maklik vervuil nie. Die rede hiervoor is dat dit ’n baie smaaklike plant is en verskeie diere graag daaraan smul.
Hy erken dat cactoblastis en cochenille nie turksvye heeltemal verwoes nie, maar beslis help om die indringerspesie se getalle laag te hou.
“Daarbenewens het elkeen wat met turksvye boer die verantwoordelikheid om hul omgewing dop te hou. Sou hulle ’n doringtipe vind wat dalk van hul aanplantings af kom, kan hulle dit uithaal,” het hy gesê.
Hy het bygevoeg dit is baie belangrik dat boere met omgewingsgroepe in gesprek tree. “Ons kan nie kritici ignoreer nie,” het hy gesê.
GESKIEDENIS
Fouché het verduidelik dat turksvye kort ná Jan van Riebeeck in die Kaap aangekom het, met hoofsaaklik die Spanjaarde wat verantwoordelik was vir die verspreiding daarvan na die meeste dele van die wêreld.
“Toe hulle in Mexiko aankom, het hulle gesien dat die mense die turksvyblaaie eet en nie ‘n probleem met skeerbuik het nie. Die Spanjaarde het dit op skepe gelaai – ook om te help om die vaartuie te balanseer. Mettertyd het van die blaaie vrot geword en is dan op strande weggegooi,” het hy verduidelik.
“Suid-Afrika het ’n baie lang geskiedenis met turksvye. In 1750 het iemand twee blaaie uit die Kaap gevat en in Graaff-Reinet gaan plant. Tagtig jaar later was dit ’n probleemplant wat die gebied erg ingeneem het.
“Die regering het toe cactoblastis en cochenille ingevoer as biologiese agente om die turksvye te bestry. Hierdie was egter die doring-turksvy. Die rede waarom dit vervuil, is omdat niks dit kan eet nie. Alhoewel dit steeds smaaklik is, maak die dorings dit ontoeganklik,” het Fouché verduidelik.
“In 1914 voer die Suid-Afrikaanse regering 43 doringlose turksvy-kultivars in. Volgens die Suid-Afrikaanse Onkruidwet is alle doring-turksvye ’n kategorie een-onkruid, wat beteken jy kan dit nie besit, daarmee boer of dit versprei nie.
“Daarteenoor sluit die Onkruidwet alle doringlose turksvye pertinent uit. Doringlose turksvye verwys na al die kultivars wat nie lang dorings het nie. Alle turksvye het haardorings,” het hy verduidelik.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen