Kleinskaalse boere moet teen rampe verseker word
Wêreldbank: Namibië is erg kwesbaar vir klimaatskokke
Die Wêreldbank-verslag, "Namibia Agriculture Disaster Risk Finance and Insurance Diagnostic", is in reaksie op 'n versoek van die Namibiese regering.
Die Wêreldbank het ’n verslag bekend gestel om die ontwerp en implementering van ’n landbouversekeringsprogram wat op kleinskaalse boere gerig is, te ondersteun.
Die verslag, “Namibia Agriculture Disaster Risk Finance and Insurance Diagnostic”, is in reaksie op ’n versoek van die Namibiese regering.
“Namibië is baie kwesbaar vir klimaatskokke, veral droogte. Droogtes het ’n verwoestende uitwerking op landbou en infrastruktuur gehad, en die voorkoms en intensiteit van hierdie klimaatskokke het ook toegeneem,” het die minister van finansies en openbare ondernemings, Iipumbu Shiimi, in die voorwoord van die verslag geskryf.
“’n Nasionale ramptoestand is in ses van die afgelope 20 jaar afgekondig. Daar word verwag dat klimaatsverandering Namibië se kwesbaarheid vir klimaatskokke verder sal vererger.”
Die verwoestende droogtejaar van 2019 is as die droogste jaar in 90 jaar aangeteken.
Langdurige droogte tussen 2012 en 2019 het verliese van tussen N$2 miljard en N$3,6 miljard vir die kommersiële veesektor veroorsaak en tussen N$3,4 miljard en N$4,8 miljard vir kommunale veeboere.
Shiimi sê daar is dus ’n dringende behoefte vir Namibië om op ’n gereedheidsgrondslag op hierdie uitdaging te reageer.
“Dit is in hierdie konteks dat ek die Wêreldbank versoek het om die ontwerp en implementering van ’n landbouversekeringsprogram wat kleinskaalse boere teiken, te ondersoek.”
Op grond van aanvanklike konsultasies met die toesighoudende owerheid vir finansiële instellings in Namibië (Namfisa), is ooreengekom om die omvang van die verslag uit te brei om ramprisikofinansiering (DRF) in te sluit, met die fokus op die landbousektor.
Daar is toenemende konsensus dat landbouversekeringsprogramme, veral dié wat daarop gemik is om kleinskaalse boere te beskerm, die beste ontwerp word binne ’n breër raamwerk van ramprisikofinansiering, aangesien slegs kleinskaalse boere wat aan die mark gekoppel is, doeltreffend bereik kan word deur mikrovlak-landbouversekeringsprogramme, terwyl bestaansboere beskerm moet word met behulp van makrovlak-instrumente of ander ramprisiko-finansieringsmeganismes.
LANDBOUVERSERKERING BEPERK
In Namibië is toegang tot landbouversekering tans beperk. Versekering is slegs beskikbaar vir kommersiële boere en hoofsaaklik vir aanspreeklikheidsdekking en vir die beskerming van bates, soos geboue en voertuie. Versekering om gewasse en veeproduksierisiko’s te dek, is beperk.
Tussen 2013 en 2019 het die regering se droogtehulpprogramme na raming slegs vyf persent van die totale verliese in die gewas- en veesektor gedek, volgens die verslag.
“Die landbousektor is egter tweeledig: ’n Meerderheid kleinskaalse en bestaansboere bestaan saam met ’n relatief klein aantal medium- tot grootskaalse kommersiële produsente,” lui die verslag.
Volgens die verslag bewerk die meeste kleinskaalse en bestaansboere grond sonder titelaktes wat ingevolge ’n gemeenskaplike verblyfregstelsel gehou word, en tradisionele produksiemetodes is steeds oorheersend.
Die Namibiese Akkerbouraad (NAB) verdeel kommunale boere in twee kategorieë, naamlik bestaansboere met plaasgroottes tot vyf hektaar, en kleinskaalse boere met plase groter as vyf hektaar.
Die boerderystelsels vir bestaansboere is dikwels gemengde stelsels wat klein landerye van gewasse, groente en vee vir huishoudelike verbruik insluit.
Die bestaansboere ly onder opbrengste van swak gehalte en grondagteruitgang, oorbeweiding, waterskaarste en ’n algehele gebrek aan belegging in die opgradering van produksie, wat bydra tot lae inkomste en armoede.
Sowat 55 persent van plaaslike kleinskaalse veeboere is noord van die veterinêre kordonheining, die sogenaamde Rooilyn .
“Hierdie boere ervaar ’n reeks hindernisse tot deelname aan die uitvoerbeesvleis-waardeketting, insluitend hoë transaksiekoste en fooie vir dierekwarantyn en -inenting en hoë vervoer- en logistieke koste,” lui die verslag.
“Aan die ander kant is die gebied suid van die Rooilyn vry van bek-en-klouseer en gerig op uitvoere. Die gebied is die tuiste van 4 000 kommersiële boere, wat 52 persent van die nasionale kudde bestuur, en 65 000 kommunale boere, wat slegs agt persent van dié kudde bestuur.”
LANDELIKE GEMEENSKAPPE KWESBAARSTE
Landelike gemeenskappe, die noordelike streke en die armes oraloor Namibië is die kwesbaarste vir die negatiewe impak van klimaatsverandering.
Ongeveer 43% van die bevolking leef in armoede, en landelike gebiede (59,3%) is armer as stedelike gebiede (25,3%). Die huidige en toekomstige droogterisiko is veral in die noordelike en sentrale streke gekonsentreer. Oor die algemeen het die noordelike streke die hoogste vlak van armoede, spesifiek Kavango-Wes (79,6%), Kavango-Oos (70%) en Kunene (64,1%).
Die verslag meen ramprisikofinansiering is ’n omvattende benadering tot ramprisikobestuur wat risikovermindering, paraatheid en herstelmaatreëls aanvul. – [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen