Loading svg Please wait while we translate the article

Navorsing begin vir moontlike lugvaartsentrum

Elvira Hattingh
Die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) het in Februarie die eerste van ’n reeks slypskole gehou, wat eindelik daartoe moet lei dat die AiRRhow-sentrum vir uitnemendheid vir burgerlike lugvaart in Afrika, op Keetmanshoop gevestig moet word.

Dit kom ná ’n ooreenkoms vir wedersydse samewerking reeds twee jaar gelede hiervoor deur Nust asook Finland se Tampere Universiteit onderteken is.

“Burgerlike lugvaart in Afrika het unieke uitdagings, soos beperkte infrastruktuur, beperkinge in die regulatoriese raamwerk asook kwessies oor veiligheid,” het dr. Erold Naomab, Nust se visekanselier, tydens die slypskole gesê.

Naomab sê so ’n sentrum sal benut word vir die ontwerp en vervaardiging van vliegtuie en die instandhouding daarvan, terwyl dit ook kan help met ander bedrywighede in die lugvaartbedryf, die beheer van lugverkeer en hantering van vliegtuie op die grond, bemarking en verkope asook regulering.

Die doel van die projek is om Afrika se lugvaartbedryf ’n hupstoot te gee. Tans is dit grootliks afhanklik van toerisme en speel dit ’n beduidende rol in ekonomiese groei, streekintegrasie en verbeterde verbintenisse oraloor.

Die eerste slypskole moet die padkaart vir die toekoms wees oor hoe die projek doeltreffend uitgerol kan wees. Tydens die geleentheid is gesprekke gevoer oor die hulpbronne wat nodig sal wees asook hoe huidige tekorte aan vaardighede getakel kan word.

Die minister van werke en vervoer, John Mutorwa, het ook die geleentheid bygewoon. Hy het uit die ondertekende dokument vir wedersydse samewerking voorgelees, naamlik dat die doel van die samewerking is “om openbare-private-vennootskappe te bevorder en om opleiding in die gebied te verleen wat volhoubaar en innoverend is.”

Volgens die ooreenkoms sal die betrokke partye saamwerk vir ’n haalbaarheidstudie om die sentrum op Keetmanshoop te vestig.

Die studie sal die tegniese, akademiese asook ekonomiese haalbaarheid van die beplande sentrum ondersoek, waarna ’n voorlopige sakeplan opgestel sal word. Daarna sal ’n aparte studie oor fisieke asook digitale leeromgewings van stapel gestuur word. Dit sal werkskepping bevorder en waardetoevoeging vir die plaaslike bedryf, maar ook vir die streek bewerkstellig.

Kenners in die bedryf is dit eens dat die vestiging van so ’n sentrum in Namibië nie net op groter geleenthede vir opleiding in lugvaarttegnologieë neerkom nie, maar verskeie ekonomiese aktiwiteite kan dryf.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!