Loading svg Please wait while we translate the article

Oekraïne: Voedselpryse sal opgeblaasde dam vóél

Meer as 60% van oeste reeds verlore
Ná die onlangse opblaas van die Kakhovskadam in die Dniprorivier, kan globale voedselsekuriteit 'n uitklophou toegedien word.
Elvira Hattingh
Nuusredaksie – Terwyl minstens 600 000 hektaar vrugbare landbougrond in hoogs besoedelde water versuip, kan graanoeste in die Oekraïne vanjaar met nog 30% daal.

Dit sal meebring dat die oorloggeteisterde land meer as 60% van sy totale graanoeste sedert verlede jaar verloor het.

In die lig van hierdie skokkende situasie ná die onlangse opblaas van die Kakhovskadam in die Dniprorivier, kan globale voedselsekuriteit ’n tegniese uitklophou toegedien word. Daarbenewens sal die prysstygings in stapelvoedsel tot in die uithoeke van die aardbol gevoel word.

Dié duistere vooruitsigte kom van die hoof van die Verenigde Nasies se landbou-en voedselafdeling in Oekraïne, Pierre Vautier, en ’n landbou-ekonoom van voedselsekuriteit in Oekraïne, Anatonina Broyaka. Hulle het die duister prentjie tydens televisieonderhoude geskep.

Dit sal aangevuur word deur die drastiese verhoging in die prys van diesel, bemestingstowwe en sade in Oekraïne.

Kundiges in Oekraïne het verlede week geskat dat meer as 94% van alle landbougrond in die Khersonstreek daarmee heen is nadat die brullende watermassa gifstowwe soos riool, diesel en olie oor die landerye versprei het wat vir jare daar kan bly.

Die omvang van die besoedeling kom nou na vore soos dit duidelik word dat die reuse-landbouproduksievelde bestrooi is met die karkasse van plaas-en troeteldiere en ’n magdom chemikalieë.



NAMIBIë

Die besturende direkteur van Namibia Mills, Ian Collard, skets ’n mistroostige maar darem nie hulpelose situasie ten opsigte van Namibië se jaarlikse invoere van sowat 180 000 ton graan uit Oekraïne om plaaslike produksie van sowat 15 000 ton aan te vul nie.

“Namibië het reeds verlede jaar ’n dwarsklap gevoel met die skerp styging in graanpryse, en ons gaan weer die gevolge voel met die oorlog in Oekraïne. Ons is gelukkig nie so sensitief oor koringinvoere soos baie ander land nie, want ons kan altyd terugval op mielies wat ons stapelvoedsel is, terwyl koring die stapelvoedsel van baie Eerste- en Derde Wêreldlande is.

“As die weer saamspeel, sal dit die druk op verhoogde wêreldpryse verlig en Amerika sal hopelik meer koring produseer om tekorte die hoof te bied.

“Maar ons is direk gekoppel aan wêreldpryse en gaan nie ontsnap nie. Ons voer net 180 000 ton graan van die wêreldproduksie van 820 miljoen ton in om dinge in perspektief te plaas.

“Namib Mills het die afgelope 40 jaar nog altyd in die aanvraag voorsien, en ons sal dit weer doen. Dis ons plig,” het hy verseker en daarop gewys nuwe invoergeleenthede van graan uit Europa, Australië en Kanada geskied deurlopend.

“Dinge is deurmekaar, maar ons het al geleer dat pryse altyd normaliseer. Maar die situasie in Oekraïne gaan beslis die normaliseringsproses erg beïnvloed en ons gaan dit aan ons sakke voel.”

Broyaka het daarop gewys dat Oekraïne verlede jaar al 30 miljoen ton graan en 18 miljoen ton mielies minder geproduseer het as in 2021 en dat dié syfers met nog 30 persent gaan daal.

Sy het dit as een van die grootste mensgemaakte rampe nog beskryf en gesê dis die hartroerendste gesigte ooit om die uitgebrande oorlogsvoertuie op vrugbare, maar nuttelose landbougrond te sien staan.

Intussen het kleinskaalse groenteboere alle hoop laat vaar om ’n bestaan te maak deurdat hulle toerusting daarmee heen is en die waterdeurdrenkte grond van g’n waarde is nie.

Die ergste van alles is dat die besproeiingstelsel in een van die vernaamste landbougebiede vernietig is en dat daar geen hoop op planttyd is nie.

Broyaka het haar kommer uitgespreek oor die uitwerking van die ramp op veral lande in Noord-Afrika wat al hul graaninvoere uit Oekraïne kry.

“Arm lande gaan die hardste getref word. Dis dieselfde lande wat nog gebuk gaan onder die skuldlaste van die Covid-19-pandemie. My hart bloei en my vel brand as ek my vingers in die besoedelde water steek,” het sy afgesluit.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-12-24

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 20° | 32° Oshakati: 22° | 31° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 21° | 32° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 22° | 32° Gobabis: 19° | 33° Henties Bay: 16° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 24° | 34° Mariental: 24° | 36° Keetmanshoop: 25° | 37° Aranos: 21° | 34° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 25° | 39° Oranjemund: 15° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 23° Lubumbashi: 17° | 31° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 15° | 31° Antananarivo: 17° | 34° Lilongwe: 23° | 34° Maputo: 21° | 29° Windhoek: 22° | 32° Cape Town: 18° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 25° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 21° | 31° Harare: 19° | 29° #REF! #REF!