Otjiwarongo die tuiste van eerste biochar-aanleg
PyroNam eerste in Afrika met EBC-sertifikasie
Die bou van die aanleg en produksie van biochar word gefinansier deur koolstofkrediete op die internasionale mark.
PyroNam Namibia sal op Saterdag en Sondag 16 en 17 September twee opedae buite Otjiwarongo op die plaas Waltershagen aanbied met die bekendstelling van die land se eerste biochar-aanleg, wat volgens die maatskappy ’n beduidende stap in die rigting van volhoubare boerderypraktyke sal wees.
Tydens die geleentheid sal kenners van PyroNam vrae beantwoord en die proses in detail verduidelik, terwyl hulle ook samewerkingsgeleenthede vir boere kan uitwys.
Boere kan kies of hulle die opedag op die 16de of 17de wil bywoon, wat om 11:00 begin.
PyroNam sal die biochar van indringerbos maak wat deur plaaslike boere geoes word. Buiten dat dit ’n inkomste vir boere kan beteken, sal dit ook help met verhoogde vrugbaarheid van die grond en biodiversiteit in die savanna-ekostelsel.
In ’n mediaverklaring sê die maatskappy die doel hiervan is om saam met plaaslike boere te werk om die omgewing en terselfdertyd die grond se vrugbaarheid te bevorder, werksgeleenthede te skep en by te dra tot die wêreldwye stryd teen aardverhitting.
Die bou van die aanleg en produksie van biochar word gefinansier deur koolstofkrediete op die internasionale mark.
SERTIFIKASIE
Pyronam Namibia is die eerste biochar-produsent in Afrika om sertifikasie van die Europese Biochar Sertifiseringsraad (EBC) te verkry, asook die Forest Stewardship Council (FSC).
PyroNam verduidelik dat biochar se besonderse eienskappe die potensiaal het om ’n revolusie in landbou te weeg te bring.
“Sodra dit in die grond geïntegreer word, bevorder dit die grond se vrugbaarheid en algemene toestand. Dit help dat die grond beter water behou, voedingstowwe beter absorbeer en minder kweekhuisgasse vrygestel word.”
Tydens die opedae sal mense ook kan sien hoe ’n gebied waar gronderosie voorgekom het, suksesvol met biochar gerehabiliteer is.
PyroNam sê biochar word ook in konstruksie aangewend, soos vir paaie of as ’n bybestanddeel in sement.
Vir meer inligting, kontak Henrike Geldmacher, PyroNam se besturende direkteur ([email protected] of 081 703 6859) of vir Callie Steenkamp, die projekbestuurder ([email protected] of 081 332 6292).
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen