Loading svg Please wait while we translate the article
FOTO TER ILLUSTRASIE/ARGIEF
FOTO TER ILLUSTRASIE/ARGIEF

Plaaslike veeboere teen SA-grens kwalifiseer vir EU-uitvoermark

Francoise Steynberg
Verwarring heers of Namibiese veeprodusente wat teen die Suid-Afrikaanse grens boer, kwalifiseer om sertifisering van die Europese Unie (EU) te ontvang, met ander woorde, of hierdie boere diere aan ’n EU-uitvoerabattoir mag lewer.

Volgens die Namibië Landbou-unie (NLU) het die verwarring ontstaan in die lig van Suid-Afrika se huidige bek-en-klouseerstatus.

“Hoewel die Noord-Kaap- en Wes-Kaap-provinsies in Suid-Afrika, wat aangrensend aan Namibië is, geen aangemelde bek-en-klouseergevalle het nie, en al was hierdie provinsies as deel van die destydse siektevrye gebied beskou, het hulle ongelukkig hierdie status verloor,” lui die NLU se jongste nuusbrief.

“Die verwarring is dringend met die Namibiese direktoraat veeartsenydienste in die ministerie van landbou, water en grondhervorming bespreek en laasgenoemde het die versekering gegee dat hierdie boere wel kwalifiseer indien daar nie ’n

uitbreking van bek-en-klouseer binne ’n radius van 10 km van hul plase is nie en mits hierdie boere natuurlik

ook voldoen aan die ander normale vereistes wat die EU stel.”

Intussen het die staatsveearts se kantoor in Stutterheim in die Oos-Kaap Donderdag ’n verklaring uitgereik dat bek-en-klouseer in dié provinsie besig is om verder te versprei. – [email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-01-01

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 29° Rundu: 20° | 27° Eenhana: 21° | 25° Oshakati: 21° | 27° Ruacana: 21° | 33° Tsumeb: 20° | 25° Otjiwarongo: 21° | 29° Omaruru: 20° | 35° Windhoek: 22° | 31° Gobabis: 22° | 29° Henties Bay: 16° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 21° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 16° | 31° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 16° | 27° Mbabane: 20° | 29° Maseru: 17° | 33° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 19° | 23° Maputo: 23° | 35° Windhoek: 22° | 31° Cape Town: 19° | 23° Durban: 21° | 27° Johannesburg: 17° | 23° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 17° | 25° Harare: 16° | 24° #REF! #REF!