Loading svg Please wait while we translate the article

Sjefs wys hóé met Wagyu-vleis

Opleiding in hoofstad aangebied
Die resepte wat tydens die geleentheid gebruik is, het die veeldoeligheid van Wagyu-vleis beklemtoon.
Elvira Hattingh (verwerking)
Barrie de Beer – Desert Wagyu het op 16 November, in samewerking met Reho Meat Processors (RMP), ’n opleidingsdag vir sjefs en ander belanghebbendes by Silver Spoon Hospitality Academy in Windhoek aangebied.

Dié insiatief is gedoen om bewusmaking te kweek in die gehalte, veeldoeligheid en unieke kenmerke van Wagyu-vleis.

Desert Wagyu is ’n Namibiese maatskappy waarvan die doelwit is om Namibiese Wagyu te bemark en die plaaslike mark uit te bou.

RMP is op Rehoboth gesetel en sy slagpale is aangepas om onder meer Wagyu-beeste te slag, te verwerk en te verpak. Gewone beeste en skape word ook op Rehoboth geslag.

Reinier de Jager, ’n professionele Wagyu-blokman van Suid-Afrika, het eers aan die kursusgangers – meestal sjefs in Namibië se gastebedryf – gewys hoe die primêre snitte verder in unieke Wagyu-snitte versnit kan word.

“Die studente se honger na kennis en hul passie het uitgestaan. Dit was asof hulle nooit met inligting versadig kon raak nie. Die opleiding was ook ’n belegging in die toekoms, want die studente neem die kennis oor wat jy alles met Wagyu kan doen, saam met hulle die toekoms in,” het De Jager gesê.

Die resepte wat tydens die geleentheid gebruik is, het die veeldoeligheid van Wagyu-vleis beklemtoon.

Volgens sjef Terry Jenkinson van Silver Spoon, wat daarna verskeie resepte aan die kursusgangers gedemonstreer het, het die gehalte van die vleis hom toegelaat om die uniekheid van Wagyu-vleis te vertoon.

“Die vleis verleen homself wonderlik om op Oosterse, sowel as klassieke Westerse maniere gaar gemaak te word.”

Jenkinson het onder meer susji, steak tartare, Sukiyaki en ’n verskeidenheid van gebraaide steaks gemaak, waarvan die deelnemers en bywoners kon proe.

Marilize Heimstadt, hoof van opleiding en standaarde van die N/a’an ku sê Groep, het ook die opleiding saam met een van haar sjefs bygewoon.

“Dit was ’n openbaring om te besef daar is soveel meer snitte waarvan die meeste van ons nie kennis gedra het nie. Ons is so gewoond aan filet, boud of lende-steaks dat ons vergeet daar is soveel Wagyu-snitte wat meer potensiaal as die primêre snitte het. Die marmering (“marbling”) van die Wagyu was ’n fees vir die oog.

“Dan ook ’n groot dankie aan sjef Jenkinson wat ons op ’n koservaring geneem het met die verstommende geregte wat hy met die Wagyu-vleis gemaak het,” het Heimstadt gesê.

Ná Jenkinson se demonstrasies het die kursusgangers die kans gekry om hul eie geregte te maak. Dit het gewissel van Oosterse roerbraai-resepte, klein pangebraaide steaks, gebraaide “ribeye steak” tot ’n kleurvolle roulade.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-23

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!