Loading svg Please wait while we translate the article

Tuli, die beesras vir die toekoms

In Afrika ontwikkel vir Afrika
Dr. Hannes Human sê as alles volgens plan verloop, sal Botswana die eerste ontvangers van Tuli-saad uit Namibië wees, gevolg deur Zimbabwe.
Francoise Steynberg
Op 5 November word daar geskiedenis gemaak met die eerste keer wat Namibiese Tuli-beeste op ’n veiling op plaaslike bodem by die BXB Elite-veiling in Windhoek aangebied word.

Twee opregte stoetbulle en ses dragtige kommersiële Tuli-kruisverse (dragtig van ’n opregte Tuli-bul) sal onder die hamer kom

“Tuli’s is bekend vir hul ongelooflike vermoë om beesvleis van uitstekende gehalte te produseer, selfs op werklik swak gehalte weiding, wat hulle die ideale beesras maak vir Namibië se uiterste klimaatstoestande,” het een van die drie Namibiese Tuli-telers, dr. Hannes Human, gesê.

Tans is daar drie geregistreerde Tuli-telers in Namibië, naamlik Human met die Kapit-Yt-stoet en sy seun Jürgen-Leigh Human met die Whaddon-stoet van die plaas Ombu-Ondana in die Gobabis-distrik, asook Volker Rugheimer met die NAM Tuli-stoet naby Dordabis.

In die noordelike en sentrale gedeeltes van Namibië is reeds goed gevestigde kommersiële Tuli-kuddes.

Die Tuli-ras is ontwikkel uit inheemse beeste in die suidweste van Zimbabwe en oostelike Botswana.

In 1942 het ’n ontwikkelingsbeampte, Len Harvey, opgemerk dat daar ’n duidelike tipe geel Sanga-beeste in die gemengde inheemse veestapels voorkom. Hierdie beeste was baie beter by plaaslike toestande aangepas en het bo die ander uitgestaan. Daar is besluit om van hierdie spesifieke diere te koop en by Guyu, naby Gwanda in Zimbabwe, te vestig vir die ontwikkeling van ’n Tuli-teelstasie. Die stigtingskudde het 20 koeie en een bul gehad.

Uit Zimbabwe het die ras versprei na die naburige Botswana, Zambië en Suid-Afrika asook Namibië, Australië, Kanada en die Verenigde State van Amerika (VSA).

Die Tuli vind ook sy pad na Namibië en die Tuli Beestelersgenootskap van Namibië word op 1 Maart 2010 gestig om die beesras se belange plaaslik te behartig. Gedurende 2020 word daar ook ’n Tuli Genootskap van Suider-Afrika geskep om die behoeftes van Tuli-beestelers, boere en entoesiaste oraloor die streek te verteenwoordig en te dien.

“Die Tuli sal jou insetkoste laag hou en jou winste verhoog. Dit is ’n beesras wat uitstekende melk en vleis produseer – selfs in die moeilikste omgewings,” sê Human.

“Sedert die moderne Tuli-ras ontwikkel en verfyn is met behulp van wetenskaplike seleksiemetodes, is die maksimalisering van die ekonomiese waarde van koeie met hoë vrugbaarheid, goeie melkproduksie en lae kalfvrektes, en bulle met vinnige groei, voeromsetting en karkasgehalte, die fokus.”

Volgens Human word die Tuli se natuurlike aanpasbaarheid en gehardheid geensins deur hierdie ontwikkelings benadeel nie. Tuli’s is beeste met ’n medium bou wat in vier basiese kleure – rooi, geel, wit en grys – voorkom.

Enkele aspekte wat vir Tuli Namibië van uiterste belang is, sluit in:

– Hoë vrugbaarheid , sterk moedereienskappe en kalfgemak.

– Medium bou wat gehard is met ’n lae onderhoudsvereiste.

– Hoogs aanpasbaar by enige omgewing en karkasse met uitstekende vleisgehalte.

– ’n Maklike bestuurbare ras, weinige temperamentprobleme, siekteweerstand en die belangrike poena-faktor.

“Ons het nog nooit weer teruggekyk sedert ons besluit het op Tuli’s nie,” het die Humans op Gobabis aan Agri Monitor gesê.

“Na aanleiding van twee foto’s wat op die sosialemediagroep van die Tuli Genootskap van Suider-Afrika geplaas is, is plaaslike telers oorval met versoeke vir saad van die bulle,” het Human gesê.

Hy sê navrae het vanaf Botswana, Suid-Afrika, Zimbabwe en Zambië ingestroom terwyl plaaslike kommersiële telers ook begin belangstelling toon het.

“Na aanleiding hiervan is daar in gesprek met die veeartse, drs. Christiaan en Clemens Lichtenberg van Gobabis Veterinary Practice getree om die moontlikheid van saaduitvoere te ondersoek.

“Die praktyk in samewerking met die direktoraat van veeartsenydienste (DVS) in die landbouministerie het die wiele aan die rol gesit en is die twee diere onder kwarantyn geplaas waarna die proses begin het om die saad te tap en te bevries.”

Human sê as alles volgens plan verloop, sal Botswana die eerste ontvangers van Tuli-saad uit Namibië wees, gevolg deur Zimbabwe.

Die BXB Elite-veiling vind op 5 November om 17:00 by die Agra-ring in Windhoek plaas.

Op 16 April 2025 sal daar in samewerking met die Witvlei Boerevereniging, ’n Tuli-inligtingsdag op Ombu-Ondana aangebied word waartydens Pikkie Uys, ’n welbekende boer en spreker oor herlewingslandbou, as gasspreker sal optree.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-10-16

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.14 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.18 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.54 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.64 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.71/OZ UP +0.53% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.75% | Zinc US$ 3 079.80/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 74.56/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 993.84/OZ UP +0.99% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.14 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.64 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.18 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.54 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.64 | USD to ZMW 26.64 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 674.71/OZ UP +0.53% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.75% | Zinc US$ 3 079.80/T UP 0.02% | Brent Crude Oil US$ 74.56/BBP DOWN -0.0062 | Platinum US$ 993.84/OZ UP +0.99%