Veebrandmerke in die kollig
Adv. Peet harmse
Met die toenemende vlae van veediefstal in Namibië is dit krities belangrik dat vee behoorlik
gebrandmerk moet word.
Die Wet op Veebrandmerke (Wet No. 24 van 1995) konsolideer en wysig wetgewing met betrekking tot die brand van vee en verbandhoudende aangeleenthede. Vee word gedefinieer as beeste en enige ander dier verklaar as vee kragtens artikel 2 van die wet, terwyl brandmerk as ‘n selfstandige naamwoord omskryf word as ‘n merk gemaak of geplaas op enige vee vir enige doel of ‘n verteenwoordiging van enige merk bedoel om gemaak of geplaas te word op enige vee, uitgesluit ‘n merk wat verklaar is om nie ‘n brandmerk te wees nie.
Die landbouminister mag by kennisgewing in die Staatskoerant enige soort dier as vee verklaar en enige brandmerk verklaar om nie ‘n brandmerk te wees nie. Skape en bokke is dan ook so as vee verklaar.
Die hoofveeartsenybeampte in die ministerie verantwoordelik vir die administrasie van landbou is die registrateur van brandmerke. Verskeie bepalings in die Wet maak voorsiening:
- vir die byhou deur die registrateur van ‘n register van alle geregistreerde brandmerke.
- vir die voorskryf van brandmerke deur die minister, asook die volgorde waarin brandmerke
toegeken word.
- vir die verdeling van Namibië in verskillende veebrandmerkgebiede.
- vir aansoeke by die registrateur vir die registrasie van ‘n brandmerk, die toekenning en registrasie daarvan en uitreiking van ‘n registrasie sertifikaat. Aparte brandmerke mag geregistreer word in die naam van dieselfde aansoeker wat die eienaar van vee in verskillende veebrandmerkgebiede is.
- vir hoe en wanneer vee gebrandmerk moet word, byvoorbeeld binne 30 nadat iemand die eienaar
van vee geword het, as ‘n brandmerk onsigbaar of onduidelik geword het of as vee verkeerdelik gebrandmerk is.
- dat iemand nie mag ontslae raak van vee wat nie gebrandmerk is nie.
- dat vee in kommunale gebiede gebrandmerk moet word in die teenwoordigheid van die kaptein of hoofman van die gebied waarin die eienaar woon of ‘n adjunk of verteenwoordiger van die kaptein of hoofman, of vyf inwoners van die omgewing waarin die brandmerk plaasvind, wat ook die eienaars van geregistreeerde brandmerke is.
- vir die oordrag van ‘n geregistreerde brandmerk, die oordrag of kansellasie van ‘n brandmerk ná die dood van ‘n eienaar, die kansellasie van ‘n brandmerk weens onbruik en die kansellasie van ‘n brandmerk op versoek van ‘n eienaar.
- vir vrystelling deur die minister.
- vir kennisgewing van adresverandering.
- vir ondersoeke deur gemagtigde persone.
- vir die pligte en bevoegdhede van ‘n skutmeester ten opsigte van vee in ‘n skut wat meer as een geregistreerde brandmerk het.
- vir sekere verbiedinge ten opsigte van die brandmerk van vee, bv. die brand van vee anders
as op die voorgeskrewe manier en die gebruik van meer as een geregistreerde brand
tov vee in dieselfde veebrandarea.
- vir die maak van regulasies deur die Minister.
- vir die brand van diere wat nie vee is nie.
- dat, ten opsigte van ander wette wat die brand van vee magtig of vereis, die Wet addisioneel tot,
en nie ter vervanging, van daardie wette is nie.
- vir die aangaan van ooreenkomste deur die minister met enige persoon waarvolgens daardie persoon ‘n spesifieke handeling verrig of diens lewer wat by die registrateur berus. [Die minister het in dié verband ‘n ooreenkoms aangegaan met die destydse Vleisraad (nou die Lewendehawe- en Lewendehawe-produkteraad van Namibië) waarvolgens daardie raad sekere funksies van die registreur verrrig soos daarin bepaal.]
Regulasies gemaak kragtens die wet handel onder andere oor die verskillende aansoekvorms, vorms van die verskillende sertifikate, die verskillende veebrandmerkgebiede, -simbole, vorm en grootte ten opsigte daarvan, en spesiale brandmerke wat bestaan het voor inwerkingtreding van die regulasies. Dit behels ook die ouderdom waarop diere gebrand moet word, naamlik 'n kalf wanneer dit ses maande oud word en lammers wanneer dit drie maande oud word of wanneer dit verwyder word van die plaas waarop dit gebore is of verkoop word aan iemand anders voor dit 3 maande oud is.
Die sluit ook in die die bewaring van brandysteres en die metode van brand. In die geval van bees is dit met ‘n brandyster deur die aanwending van hitte, of ‘n vriesbrand of die aanwending van ‘n gepaste chemikalieë sodat dit ‘n duursame en leesbare merk maak. In die geval van skaap of bok word dit gedruk of gestempel deur middel van ‘n tatoeëermerk of ‘n goedgekeurde plaatjie.
- [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen