Veediewe teister Gibeon
Langdurige droogte
Sindikate is kop in een mus met veewagters en verruil dwelms en alkohol vir vleis, sê Nampol.
Buiten die langdurige droogte wat Gibeon in die Hardapstreek teister, loop boere erg onder veediefstal deur.
“Die veediefstal is erg. Die veediewe kom in die krale in en steel net links en regs. Jy moet nou jou bed in die krale sit en tussen die bokke en skape slaap,” het ’n boer van die Suide-dorp, Eddie Tjombe, aan Agri Monitor gesê.
Hy sê dit is veral die plase wat aan die dorpsgebied grens wat onder veediewe deurloop deur werklose inwoners wat honger ly.
“Ons het eers net donkies geëet, nou word die perde geëet en later sal ons bobbejane eet.”
Bobbejane word tussen die riete en prosopisbome in die Visrivier in die dorp gesien en inwoners probeer hulle verwilder, maar hulle maak hulle selfs tuis op die kerk se stoep op die bult.
Agri Monitor het navraag by die Namibiese polisie se koördineerder vir misdaadondersoeke in die Hardapstreek, adj.komm. Eric Clay, oor veediefstal gedoen.
Hy het bevestig misdade wat volop in Gibeon voorkom, is veediefstal, diefstal, alle tipe aanrandings, huishoudelike geweld en huisinbrake.
“Die mees waarskynlike oorsake van hierdie misdaad is alkohol- en dwelmmisbruik, armoede, gierigheid en werkloosheid. Veediefstal bly ’n uitdaging in die gebied, veral wanneer dit kom by geskille van perde en donkies,” het Clay gesê.
“Werkloosheid is die mees algemene oorsaak van misdade wat gepleeg word, want misdadigers het geen ander manier van oorlewing nie en wend hulle tot kriminele aktiwiteite om te oorleef.”
Clay sê sindikate is kop in een mus met veewagters en verruil dwelms en alkohol vir vleis.
Nóg ’n probleem volgens hom is dat die tradisionele owerheid nie die beweging van diere in hul kommunale gebiede beheer nie en ook nie behoorlik rekord van diere in die gebiede hou nie.
“Sommige van die diere, soos perde en donkies, is nie soos ingevolge die wet gebrandmerk nie en dit bemoeilik die identifiseringsproses wanneer die sake in howe aangehoor word.”
Clay sê ander uitdagings wat boere op grondvlak in die oë staar, is dat oorplaatjies maklik verwyder kan word en beveel aan dat kleinvee getatoeëer word. Ander aanbevelings is dat boere op hul plaaswerkers se agtergrond moet let deur nie gewoontemisdadigers aan te stel nie. Hy doen ook ’n beroep op boere om goeie werksverhoudinge met plaaswerkers te hê.
Vir die pad vorentoe spreek hy sy dank uit aan die tradisionele owerhede, die komitee vir teenveediefstal van Gibeon en Maltahöhe, die boere en wetsgehoorsame individue vir hul samewerking en pogings om misdaad in die Hardapstreek te help beveg.
“Ons doen ’n beroep op die hele Hardapstreek om te verenig en hande met Nampol te vat en misdaad te beveg en ’n veiliger omgewing vir alle inwoners te skep.”
DROOGTE
Boere sê hulle gaan al vir sewe jaar gebuk onder droogte in die Gibeon-omgewing.
Op die vraag wanneer laas ’n bui reën uitgesak het, het Willie Eiman gesê “as die reën kom, is dit net traantjies”.
Tjombe sê hy was ’n voltydse boer 30 km wes van Gibeon, maar die droogte het hom gedwing om ’n naweekboer te word. Hy werk in die week in die dorp waar dit vir hom goedkoper is as sy kinders uit die huis skoolgaan eerder as om koshuisgelde te betaal. Hy doen los sweiswerk, meganiese werk op voertuie en help op besige pensioenuitbetalingsdae by ’n plaaslike winkel. Daar loop sowat 150 bokke en skape op sy grond.
“Buiten die veediefstal, vrek die bokke en skape van die honger weens die droogte. Ons koop een sak droogtekorrels en lusern per maand. Verder maak ons prosopisboompeule en voëlent in sakke in die dorp bymekaar en vat dit plaas toe.”
Volgens Tjombe is voer, lusern en soutlek dikwels uitverkoop en hulle moet op Mariental gaan voer koop.
“Ons enigste vervoer is donkiekarre Gibeon toe, maar ons moet ‘n rygeleentheid kry of ’n taxi vat vanaf die Gibeon-stasie Mariental toe om voer te koop.”
Hy sê boonop is waterpunte by sommige plase droog en donkiekarre moet ingespan word om water op ander plase te gaan haal.
“Hier is ook nie meer ’n petrolstasie op die dorp nie en ons kan net brandstof op Mariental ingooi. Ons mag ook nie meer brandstof in plastiekkanne ingooi nie, maar net in jerrykanne,”sê Tjombe moedeloos.
Hul markte vir vee is ook beperk, “want die vendusiekrale is afgebreek en hier word nie meer vendusies op Gibeon gehou nie”.
Tjombe sê hulle word nou gedwing om hul vee op Mariental op veilings te verkoop of van veespekulante op Gibeon gebruik te maak, “maar jy kry beter pryse as jy jou vee op vendusies verkoop”.
Wat droogtehulp van die regering betref, sê hy die boere kry geen voer vir droogtehulp nie.
“Ons kry net ’n sak van 10 kg-mieliemeel, twee blikkies vis, 750 ml kookolie en pakkies droë sop,” sê Tjombe.
“Vir oorlewing verkoop ons maar een of twee bokke of skape net om voer, veemedisyne en oorplaatjies te koop.”
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen