Wêrelddag vir Bye plaaslik gevier
Verskeie geleenthede beplan
Plaaslike byeboere bied verskeie geleenthede aan waar jy nie net heuning sal kan proe nie, maar ook sal kan leer om dit te beoordeel en selfs heuningmeel te maak.
Die Byboerderyvereniging van Namibië (Ban) beplan verskeie aktiwiteite en geleentheide in die aanloop vir Wêrelddag vir Bye, wat op 20 Mei gevier word.
Een van die openbare lesings, wat op 15 Mei in Windhoek by die Old Wheelers Club gehou word, sal gaan oor die verskille tussen natuurlike en nagemaakte heuning, die beskikbaarheid van beide produkte en ook oor hoe heuning nagemaak word om heuningoeste te verbeter.
‘n Spesiale spyskaart is saamgestel vir die proe van heining, terwyl die uniekheid en noodsaaklikheid vir diverse byespesies in Namibië bespreek sal word.
Op dieselfde dag word heuning beoordeelary by die Zero Waste Store in Windhoek gehou, waar heuningprodusente hul heuning vir N$30 per inskrywing kan instuur.
Op 17 Mei bied die Universiteit van Namibië (Unam) ‘n openbare praatjie oor die benutting van heuning in veaartsenykunde aan. Dit vind vanaf 18:00 by Unam se veaartseny-hospitaal plaas, met dr. Lynne Hepplestone as hoofspreker.
‘n Inleiding tot die beoordeling van heuning en maak van heuningmeul sal ook op 19 Mei by die Strand Hotel in Swakopmund aangebied word, waar belangstellendes aan die produkte sal kan proe en leer hoe om dit te maak.
Belangstellendes sal ook ‘n geleentheid hê om vir ‘n aanlynkursus van 8 weke lank in te skryf om heuning te kan beoordeel en heuningmeul te kan maak. Dit sal aangebied word in samewerking met Ban, Vroue vir Bye in Namibië, die Suid-Afrikaanse Byebedryf Organisasie (Sabio), Suid-Afrikaanse heuningeboordelaars en kenners asook ander Suid-Afrikaanse belanghebbendes.
Meer inligting oor die verskillende geleenthede kan op Ban se Facebook-blad gevind word.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen