Waarskuwing vir ‘swakker’ seisoen in Noordweste
XXXXX XXXXXX XXXX XXXXX
Rangeland Early Warning System se jongste weidingskaart dui aan plantegroei reageer goed op die onlangse reënval, met die vooruitsigte dat die Noordweste se reënseisoen waarskynlik ondergemiddeld sal wees.
Die vroeë-waarskuwingstelsel, afstandwaarnemingstegnologie wat naby aan ware tyd die aktiewe plantegroei oraloor Namibië meet, dui aan plantegroei reageer positief op die onlangse reën in die sentrale en oostelike dele van die ||Kharas-, Hardap- en Erongostreek, asook in Khomas.
Plantegroei-aktiwiteit in dele van die Kunene-, Omusati, Oshana- en Zambezistreek is egter steeds ondergemiddeld.
Boere wat in die “rooi gebiede” van die kaart geleë is, behoort teen die tyd van die seisoen reeds te beplan hoe om hul veegetalle te verminder, sou hierdie neiging voortduur.
Vir diegene in “rooi gebiede” wag daar waarskynlik ’n ondergemiddelde reënseisoen.
OWERHEDE
Januarie tot Maart verteenwoordig die hoofreënseisoen vir die meeste gebiede in Namibië. Dit is belangrik om die situasie voltyds te monitor, veral oor die volgende maande.
Op streek- en nasionale vlakke word owerhede aangeraai om te oorweeg dat die noordweste van die land ’n ondergemiddelde reënseisoen gaan ervaar, wat kan lei tot ondergemiddelde beskikbaarheid van weiding vir veeboere in hierdie streke. Die situasie is egter nog nie katastrofies nie.
Die situasie moet sorgvuldig gemonitor word en planne moet reeds beraam word oor watter maatreëls geïmplementeer moet word om die kwesbaarste boere en gemeenskappe by te staan.
Die sleutelkomponent van die vroeë-waarskuwingstelsel is afstandwaarnemingstegnologie wat vrylik beskikbaar is en, naby aan ware tyd, die aktiewe plantegroei oraloor Namibië meet.
Deur die huidige plantegroei-aktiwiteit met die 20 jaar-gemiddeld vir ’n spesifieke gebied te vergelyk, kan jy ’n objektiewe idee van die status van die weiding kry.
Kaarte wat die weidingstatus uitbeeld, word elke tien dae gedurende die reënseisoen (Oktober tot einde Mei) gemaak.
GOEIE BESTUUR
Veeproduksie in Namibië is grootliks van die produktiwiteit van weivelde afhanklik, wat tot baie lae vlakke gedurende erge droogtes kan daal.
Die wisselvalligheid bied ernstige bestuursuitdagings om diere se voedingsbehoeftes te balanseer met die beskikbare weiding, asook om die agteruitgang van die grond te voorkom.
Vinnige jaarlikse aanpassing by die status van weiding, veral nader aan die einde van die reënseisoen, kan boere geld spaar en ook weivelde in ’n meer produktiewe toestand oor die lang termyn hou.
Dié inligting kan aan beleidmakers en besluitnemers dui watter dele van die land moontlik die meeste deur droogte geraak kan word as die einde van die reënseisoen aanbreek. Dit gee ook voldoende tyd om droogtehulpaksies te beplan.
Hierdie kaarte en ander meer gedetailleerde kaarte (wat elke streek en nasionale park afsonderlik dek) is op www.namibiarangelands.com asook per e-pos beskikbaar.
Vir meer inligting of om die e-posse te ontvang, kontak die Rangeland Monitoring Project by e-pos [email protected] of kontak dr. Cornelis van der Waal by 081 604 5878.

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen