‘Elke mens, bytjie en blommetjie se pad beplan’
Lepen-familie oor heuning-prestasie
Die Lepen-familie, Oupa Kiep, Ouma Suzanne, Pa Johan, Ma Liesl en hul seun, Josua, het die brief uitgereik ná die nuus dat hulle heuning 'n tweede plek verower het by die Nasionale Heuningskou wat by die Sandown Park-renbaan in Londen vanaf 26 tot 28 Oktober plaasgevind het.
“Wow! Wat ’n ongelooflike ondervinding. Min het ons geweet wat voorlê toe ons verlede jaar met ’n byeboerdery begin het. Ek [Johan], my seun, Josua, en pa Kiep Lepen was aangenaam verras oor die nuus uit Engeland.
Reeds as kind het my pa, wat op ons familieplaas in die Suid-Waterberg-omgewing grootgeword het, belangstelling in die natuur en sy werking getoon. Gou het hy tot die besef gekom dat, om volhoubaar te boer, boerdery in harmonie met die omgewing moet plaasvind.
Sy belangstelling in bye het reeds vroeg in sy lewe begin toe hy en my oupa veldheuning geoes het.
Die afgelope jare het ek bykans by elke waterpunt op die plaas heuningbye opgemerk. Dit het ons almal se belangstelling geprikkel.
Ietwat onverwags het my pa verlede jaar die volgende voorstel gemaak: ‘Kom ek, jy en Josua gaan doen die beginner beekeeping kursus wat deur Agra Provision aangebied word. As dit vir ons interessant is, dan oorweeg ons om te diversifiseer en skakel ons byeboerdery in by die bestaande boerderyvertakkings op die plaas.’
Dit het gezoem van opgewondenheid in my huis!
Die teorie van die kursus was geweldig insiggewend, terwyl die praktiese aanbieding baie interessant en leersaam was.
EERSTE KORF
Weens min kennis en ondervinding van byeboerdery het ek toe besluit om eers net een byekorf aan te skaf terwyl my pa elkeen van ons met ‘n byepak bederf het.
Waar die bye vandaan sou kom, het ek in hierdie stadium nie geweet nie. Ek het die korf voorlopig eers onder die lapa op die plaas neergesit. Min het ek besef dat die beskutting onder die lapa baie gunstig is vir heuningbye en het die verkenners baie vinnig ondersoek kom instel. Sommer gou-gou het die eerste swerm bye hulle in die korf kom tuismaak. So het die een swerm na die ander gevolg, kort op mekaar. Hulle het net gekom en gekom – letterlik oornag. Dit het gevoel soos nuwe troeteldiere wat ons bygekry het – elke korf het sy eie naam gekry.
Nodeloos om te sê, moes die korwe toe met baie moeite aand vir aand ’n half meter verder onder die lapa weggeskuif word na ’n veiliger plek. Vandag staan die korwe onder ’n groot Basterkameelboom, maar nogsteeds in die erf en tot my ma se ergernis.
Wat ek alles sou leer en beleef in ’n baie kort tydjie het my stoutste verwagtinge oortref. Vandag kan ek net in verwondering staan oor hoe God elke mens, bytjie en blommetjie se pad beplan het.
Suid van die Klein Waterberg, is die plaas geleë in die doringboom-savanna-veldtipe wat oorwegend gekenmerk word deur swarthaakbosse, Basterkameeldoring-, kameeldoring-, witgat-, appelblaar- en oumabome asook struike soos rosyntjie-, brosdoring-, gaba-, trassie-, granaat-, voeter- en perdebos. Ek het ook baie bye op die pluime van verskillende grasspesies opgemerk soos hulle stuifmeel versamel, onder andere die Urochloa-spesies.
EERSTE HEUNING
Begin Mei vanjaar het ons die voorreg gehad om ons eerste heuning te kon oes. Wat ’n belewenis was dit om ons eerste heuning te kan uitspin, bottel en te proe.
Die Byeboerderyvereniging van Namibië (BAN) het in Mei ’n heuning-proegeleentheid gereël waar byeboere ?’n botteltjie heuning kon instuur om deur Lynn Hepplestone, ’n heuningbeoordelaar van Suid-Afrika, beoordeel te word.
Wat ’n ongelooflike aand was dit on na Lynn se praatjie te kon luister. Die voorsitter van BAN het my toe aangemoedig om ons heuning vir die “National Honey Show”, in Engeland in te skryf.
Daar was ongeveer 2 400 inskrywings van 90 lande. In geloof het ek en my vrou, Liesl, drie potjies heuning verpak en Engeland toe gestuur met die hoop dat dit daar sal aankom, ontvang en ook uitgestal sal word.
Op 27 Oktober 2023 was die vreugde groot en oorweldigend toe ons die resultate ontvang het. Uit 39 inskrywings in die klas 9-kategorie het ons heuning meegeding met inskrywings uit lande soos Suid-Afrika, Chili en Oman, om ’n paar te noem.
Ons Namibiese heuning het ’n allemintige tweede plek behaal! Ek kon dit nie glo nie. Dit het so onwerklik gevoel. Alle eer aan ons Hemelse Vader, want sonder Hom sou dit nie gebeur het nie.
Interessante dinge wat ek van heuningbye geleer het, is die volgende:
• Elke swerm het sy eie karaktereienskap wat wissel van rustig en vriendelik tot baie aggressief. Bye is egter vredeliewend en val net aan as hulle bedreig word.
• Hulle lewe in harmonie met mekaar en met die natuur.
• Stuifmeel het verskillende kleure.
• Heuning kom in baie verskillende kleure, geure en smake voor.
• Bye het ’n kort lewensduur, maar hulle is fluks en werk baie hard.
• Heuning moet ’n 18%-waterpersentasie hê, wat deur ’n refraktometer gemeet word.
• Bye werk in ’n span saam sonder om te kerm en te kla.
Wat ek die afgelope jaar geleer het van my familie, vriende en mentors oor bye en die heuning wat hulle maak asook die hervestiging van swerms, was regtig iets besonders. Baie dankie aan elkeen van julle vir die leiding en wysheid wat julle vir my gee. Ek waardeer dit opreg.
Mag ons aanhou om van en oor bye te leer veral oor die belangrike rol wat hulle in die natuur speel. Ek vertrou dat mense deur hierdie artikel bemoedig sal word om met bye te boer en hulle goed te versorg, want hulle sorg ook vir ons.
Kom ons kyk met ander oë na bye as ’n bron van voedsel en medisinale waarde. Bye is ’n geskenk aan ons van die hemelse Skepper!”
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen