Loading svg Please wait while we translate the article

‘n Rekord-20 vir Monika; spesiale debuut vir ander

Bergfietsry
Monika Grossmann stel op 6 Desember 'n alleenrekord op in haar 20ste Desert Dash as een van 19 vroue vir die solo-afstand van 401 km.
Tielman Van Lill
Die 2024 Nedbank Desert Dash-bergfietsmarathon sal oor presies 24 dae ‘n werklikheid word wanneer dié avontuurlike uitdaging met 147 soloryers in die saal om 14:30 die langpad oor 401 kilometer pak.

Soos die afgelope paar jaar begin die kompetisie opnuut vanaf die Grove-inkoopsentrum in Windhoek en eindig in Swakopmund waar die brawe ryers oor die eindstreep by Platz Am Meer sal ry.

Die 52-jarige Monika is die enigste ryer wat elk van die vorige 19 Desert Dash-wedrenne suksesvol voltooi het.

In teenstelling hiermee sal die viertal Sheehama Shapumba (16 jaar), Zackery Oachamub (17), Thomas David (19) en Obed Daweb (16) van die Dagbreek Skool vir Intellektueel Gestremdes en Top Gear Cycle Club in Windhoek hul eerste Dash as ‘n viermanspan takel.

Hoewel dit die vier baanbrekers se Dash-debuut is, is die pad oor die Khomas Hochland deur die Namib nie heeltemal vreemd vir hulle nie. Die vier het afgelope naweek reeds hul staal gewys en die afstand suksesvol deur die nag tussen Windhoek en Swakopmund voltooi.

Saam met Willem Engelbrecht, ‘n onderwyser by Dagbreek en hul afrigter, het die vier musketiers die reuse-uitdaging gemaklik baasgeraak.

Willem vertel: “Ons het verlede Donderdag om 15:00 vanaf die Grove vertrek en die reis aangepak net soos die seuns die Dash sal ry. Elkeen in die span het sy deel gedoen in sy onderskeie skofte en natuurlik het die span die laaste gedeelte vanaf Goanikontes saam tot by Platz Am meer kafgedraf.

“Die vier fietse wat ons gebruik, was agt jaar lede deur Real Pay Namibië geborg. Cycletec help ons om die fietse te onderhou en te diens, maar ongelukkig is die fietse nie meer op standaard nie. Indien ons wil voortgaan om geleenthede vir die seuns te skep, sal Dagbreek nuwe fietse moet bekom.

“Nedbank Namibië verleen groot bystand met ons deelname. Baie dankie aan Nedbank wat ons inskrywingsgeld asook fietsryklere borg.”

Rodney Stewe, ‘n oudleerling van Dagbreek, het verlede jaar onder die bekwame afrigting van Willem die 5 km fietsresies by die Spesiale Olimpiese Wêreldspele in Berlyn, Duitsland, gewen.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-12-27

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 21° | 34° Rundu: 19° | 32° Eenhana: 18° | 31° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 20° | 30° Otjiwarongo: 17° | 26° Omaruru: 19° | 29° Windhoek: 18° | 29° Gobabis: 21° | 31° Henties Bay: 15° | 22° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 24° Rehoboth: 19° | 32° Mariental: 22° | 35° Keetmanshoop: 19° | 35° Aranos: 24° | 35° Lüderitz: 14° | 28° Ariamsvlei: 21° | 36° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 25° | 28° Gaborone: 20° | 31° Lubumbashi: 17° | 30° Mbabane: 18° | 26° Maseru: 16° | 30° Antananarivo: 17° | 25° Lilongwe: 20° | 33° Maputo: 22° | 32° Windhoek: 18° | 29° Cape Town: 19° | 25° Durban: 22° | 28° Johannesburg: 19° | 27° Dar es Salaam: 26° | 31° Lusaka: 18° | 31° Harare: 19° | 25° #REF! #REF!