Loading svg Please wait while we translate the article

Aussie-hinderlaag in Barbados die Eagles se droom

Krieket
Engeland en Australië is die twee reuse in Namibië se groep by die komende T20i-Wêreldbeker.
Tielman Van Lill
Australië, die huidige houer van die ICC Wêreldbeker in eendagkrieket (ODI’s), is aanstaande maand een van die Namibiese Richelieu Eagles se kopsere in Groep B by die T20i-Wêreldbeker in Wes-Indië.

Nie al Australië se ODI WB-helde sal in Antigua en Barbados (11 Junie) teen die Eagles op die veld stap nie. Die gevreesde draaibalbouler Adam Zampa, die mokermanne Glenn Maxwell en David Warner, kaptein Mitchell Marsh, Josh Inglis, Marcus Stoinis, Cameron Green en Pat Cummins het onder andere die Aussie-vlag met onderskeiding in Indië by die ODI-Wêreldbeker laat wapper.

Die span beskik oor sewe spesialisboulers, terwyl die veelsydige Maxwell, Stoinis en Ashton Agar ewe behendig boul. Die span wemel van veelsydige spelers wat met die wilgerlat en bal in die hand ewe bedrewe is.

Marsh, Tim David, Warner, Maxwell, Travis Head, Matthew Wade en Green is die span se groot kolfkanonne wat die lopies vinnig kan opstapel.

Wat die T20-Wêreldbeker betref, was die Aussies twee jaar gelede die gasheer vir die laaste toernooi. Hulle was ook die heersende kampioen ná die verowering van die 2021-titel in die Emirate (Australië se enigste T20 WB-triomf tot vandag toe). Maar die nederlaag in hul eerste groepwedstryd teen Nieu-Seeland en uitgereënde wedstryd teen Engeland het meegebring dat die groen-en-goud op grond van netto lopietempo derde in hul groep klaargemaak het en dus vroeg uitgeskakel is.



PLOFKRAG IN KOLFLYS

Om as T20i-kolwer werklik effektief te wees, is die riglyn dat ‘n kolwer sy lopies teen meer as 120 persent per bal kan aanteken. Marsh, David, Warner, Maxwell, Head, Stoinis, Wade, Inglis, Green en Josh Hazlewood is verwoestende kolwers wat enige boulaanval aan flarde kan kerf. Selfs die bouler Pat Cummins,laat loop teen net meer as 120 persent per aflewering.

Dié genoemde tien kolwers gee die Aussies ‘n kolflys so lank en uitgestrek soos die lang arm van die gereg, wat ‘n moedige assosiaatland moedeloos kan hê nog voor die eerste bal geboul was.

Die Australiese vyftiental spog met die gesamentlike ondervinding van 799 T20i-botsings en het 12 049 lopies van net 8 417 balle teen ‘n tempo van meer as 143 persent aangeteken.

Hul boulers het 453 paaltjies vir 10 879 lopies teen gemiddeld 24 lopies per paaltjie in 1 432 boulbeurte laat kantel. Die gemiddelde ekonomie van die boulaanval teen 7.6 per boulbeurt is verstommend laag.

Wat ook al die Aussies se statistieke sê, dit sal nie veel in die boeke van die Eagles tel wat van die Land of the Brave kom nie. Soos in die verlede, sal die Namibiërs met die groot selfvertroue op die veld teen Australië stap en moedig veg tot die laaste bal geboul is.



Australië se WB-spelersgroep

Kaptein, Mitchell Marsh (54 T20i’s, 1 432 lopies van 1 058 balle in 52 kolfbeurte teen gemiddeld 34.09 lopies per beurt, treftempo 135.34 persent), (17 paaltjies vir 387 lopies in 50 boulbeurte, ekonomie 7.74 per boulbeurt).

Tim David (39, 1 062 van 649 b in 36 t 39.33, 163.63%), (5/255 in 27, ekon. 9.32).

David Warner (103, 3 099, 2 172 b in 103 t 33.68, 142.67%).

Glenn Maxwell (106, 2 468 van 1 587 b in 98 t 30.09, 155.51%), (40/1 207 in 151, ekon. 7.98).

Travis Head (26, 656 van 446 b in 25 t 29.81, 147.08%), (1/56 in 6, ekon. 9.33).

Marcus Stoinis (59, 940 van 648 b in 49 t 29.37, 145.06%), (29/ 790 in 91, ekon. 8.64).

Matthew Wade (85, 1 175 van 872 b in 64 t 26.7, 134.74%).

Josh Inglis (21, 470 van 309 b in 21 t 26.11, 152.10%).

Cameron Green (8, 139 van 80 b in 8 t 17.37, 173.75%), (5/178 in 20, ekon. 8.9).

Ashton Agar (47, 277 van 273 b in 28 t 12.04, 101.46%), (48/1 073 in 166, ekon. 6.47).

Pat Cummins (52, 144 van 116 b in 24 t 11.07, 124.13%), (57/1 412 in 190, ekon. 7.43).

Mitchell Starc (60, 94 van 93 b in 19 t 9.4, 101.07%), (74/1 727 in 225, ekon. 7.67).

Josh Hazlewood (45, 22 van 15 b in 8 t 7.33, 146.66%), (61/1 304 in 169, ekon. 7.68).

Nathan Ellis (14, 17 van 34 b in 5 t 5.66, 50%), (24/408 in 51, ekon. 8).

Adam Zampa (80, 54 van 65 b in 19 t 5.4, 83.07%), (92/2 082 in 286, ekon. 7.28).

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!