Bokke fokus nie op WB-flop teen Iere
Rugby
Dit bly steeds ’n bietjie van ’n raaisel hoe die Houdini-Bokke van 2023 dit vermag het om die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk te wen.
Sal ’n mens dit ooit weer sien dat ’n span die kwarteind-, halfeind- en eindstryd met ’n punt wen? Hoogs onwaarskynlik.
Nietemin, die Springbokke het in daardie wedstryde teen Frankryk, Engeland en Nieu-Seeland toegeslaan toe dit nodig was.
Die enigste wedstryd in die toernooi waarin die span nie die uitklophou kon inkry nie, was in die groepwedstryd teen Ierland.
Swak stelskopwerk en gebrekkige afronding het die Bokke daardie aand in die Stade de France in Parys gekelder.
Die Bok-vleuel Cheslin Kolbe sê die nederlaag van 8-13 is nie ’n fokuspunt voor Saterdag se herontmoeting met Ierland op Loftus Versfeld nie.
“Ons het in daardie wedstryd nie ons kanse gebruik nie. Dit was teleurstellend en het ons terug aarde toe gebring.
“Terugskouend was dit nodig om ons Wêreldbeker-veldtog terug op koers te kry. Dit hoort nou in die verlede en ons fokus op die komende twee toetse teen Ierland.”
Rassie Erasmus, die Bokke se hoofafrigter, het dié week gesê dit gee die span ’n hupstoot dat die vleuelpaar van Kolbe en Kurt-Lee Arendse beskikbaar is.
Daar was ’n paar weke gelede onsekerheid oor dié buksies nadat Kolbe met ’n kniebesering uit Japan teruggekeer het en Arendse sy wangbeen verlede maand in ’n wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) gebreek het.
Kolbe het nie op 22 Junie teen Wallis op Twickenham gespeel nie, maar hy is “100% reg” om die Iere aan te vat.
“Ek het hard gewerk saam met ons fisio’s en kondisioneringspan en ek is bly om terug te wees. Jy wil altyd eerder op die veld wees in sulke groot toetse.”
Erasmus het die luukse gehad om die veteraan Willie le Roux, wat die VRK-eindstryd weens harsingskudding misgeloop het, in die plek van die beseerde Damian Willemse te kies.
Bok-ondersteuners is in afwagting om te sien of die Kiwi Tony Brown se voorneme om Kolbe- en Arendse-hulle meer venyn op die aanval te gee, in die Ierse reeks gestalte gaan begin kry.
Brown is die Bokke se aanvalsafrigter. “Ons is almal opgewonde oor hoe Tony die pad vorentoe sien,” sê Kolbe.
“Die Bokke sal nie wegbeweeg van hul tradisionele sterk punte nie en sy visie is eerder ’n toevoeging tot dit wat ons ’n suksesvolle span gemaak het.”
– Netwerk24

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen