Loading svg Please wait while we translate the article

Bokke terug as wêreld se topspan

Rugby
Die Springbokke wat Ierland boaan Wêreldrugby se ranglys vervang het, was een van vele op en af skuiwe ná 'n dramatiese naweek.

Elke span in die toptien, behalwe Frankryk, het van posisie verander. Spanne van die Suidelike Halfrond het hul eweknieë van die Noorde deeglik oorheers.

Die Bokke is met reg die voorloper as die wêreld se topspan ná hul oorwinning van 32-15 teen Skotland op Murrayfield laas Sondag.

Die Springbokke het vir die laaste wedstryd van die naweek se Herfsnasiesreeks op die veld gedraf met die wete dat 'n gelykopuitslag vir hulle genoeg sou wees om die eerste plek terug te wen.

Ierland, wat eerste op die ranglys was, se nederlaag teen Nieu-Seeland in die eerste wedstryd van die naweek Vrydag het die skaal in die Bokke se guns geswaai.

Skotland het tot hul krediet die Springbokke vir die eerste uur hard gedruk, maar die Wêreldbekerhouers het deurgedruk om 0.69 graderingspunte vir hul totaal van 92.46 te voeg.

Suid-Afrika se nuwe gradering gee hulle 'n 1,25-punt-voordeel bo Nieu-Seeland, wat een plek tot die tweede posisie opgeskuif het, terwyl Ierland tot derde teruggesak het.

Frankryk (86.96 punte) bly vierde en het geen bykomende punte gekry vir hul sege van 52-12 oor Japan by die Stade de France nie. Argentinië is nou vyfde, nadat Los Pumas 50 punte teen Italië opgestapel het.

Engeland, wat met twee plekke teruggesak het ná hul dramatiese laat nederlaag van 37-42 teen Australië in die Allianz-stadion, het die Skotte ‘n gunsie bewys. Ondanks Skotland se negende agtereenvolgende nederlaag teen Suid-Afrika het die Skotte een plek opgeskuif tot sesde.

Engeland daal vir die eerste keer sedert 2016 tot die sewende posisie, terwyl die Wallabies nou net een plek agter hulle is (agtste). Nadat Fidji vir Wallis die eerste keer in Cardiff geklop het, beweeg die eilanders een plek op tot negende, terwyl Italië met twee tot tiende geval het ná hul terugslag met 50-18 tuis teen Los Pumas.

Aangesien die nederlaag teen Fidji hul tiende agtereenvolgende was, het Wallis hul langste verloorstreep geëwenaar. Wallis is tans op 'n rekordlaagtepunt met ‘n elfde posisie op die ranglys. Al het Wallis een graderingspunt verloor, het dit nie daartoe gelei dat hulle verder gedaal het nie.



Buite die toptien

Die Verenigde State was een van die grootste wenners buite die toptien. Danksy 'n sege van 21-17 oor Portugal in Coimbra, het hulle drie plekke tot 16de geklim. Portugal, wat ten koste van die VSA Eagles vir die 2023 Wêreldbeker gekwalifiseer het, is net een plek bo die Eagles in die 15de plek.

Spanje het met 'n prysenswaardige oorwinning van 32-24 tuis teen Uruguay 'n slag vir Europa geslaan. Dié sege het hulle een posisie tot 17de laat klim, terwyl Los Teros met twee tot 19de teruggesak het.

Tonga het intussen twee plekke tot 18de verloor ná 'n nederlaag van 25-15 teen Roemenië in Boekarest. Die oorwinning het Roemenië se gradering met 1,25 punte opgestoot, maar dit was nie genoeg vir hulle om hul 20ste plek te verbeter nie.

Dieselfde geld vir Chili wat 21ste bly nadat hulle Kanada met 44-14 in Boekarest oorskadu het. Daar was beter nuus vir Brasilië wat met vier plekke verbeter het en nou 26ste is ná hul oorwinning van 23-10 weg teen Hongkong China.

Namibië, wat hierdie November onaktief is, bly onveranderd in die 25ste posisie met Brasilië en Zimbabwe onderskeidelik 26ste en 29ste.

Kenia (36ste) het die afgelope naweek plekke met Uganda (37ste) geruil danksy hul sege van 27-25 in die eerste ronde van die Elgon Cup in Nairobi, Kenia.



Nuutste wêreldranglys (Maandag 11 November), top-25

1 Springbokke (92.46), 2 All Blacks (91.2), 3 Ierland (90.58), 4 Franse Hane (86.96), 5 Argentinië Los Pumas (85.60), 6 Skotse Gaelies (82.70), 7 Engeland Rose (82.62), 8 Wallabies (81.14), 9 Flying Fijians (80.07), 10 Italië Azzurri (78.67), 11 Wallis (75.04), 12 Georgië The Lelos (74.10), 13 Manu Samoa (72.68), 14 Japanese Cherry Blossoms (72.31), 15 Portugal Os Lobos (68.82), 16 VSA Eagles (67.49), 17 Spaanse Los Leones (67.10), 18 Tonga (66.87), 19 Uruguay Los Teros (66.58), 20 Roemeense Stejarii (63.87), 21 Chileense Los Cóndores (62.99), 22 Kanada (59.43), 23 Hongkong Dragons (58.62), 24 Rusland Medvedi (58.06), 25 Namibie Welwitschias (57.87), 26 Brasilië (57.40), 27 Nederland (57.29), 28 België (56.51), 29 Zimbabwe (56.33), 30 Switserland (56.04).

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-14

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 26° Rundu: 21° | 33° Eenhana: 20° | 31° Oshakati: 19° | 30° Ruacana: 21° | 30° Tsumeb: 21° | 31° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 20° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 15° | 23° Rehoboth: 20° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 22° | 37° Aranos: 21° | 36° Lüderitz: 18° | 28° Ariamsvlei: 22° | 39° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 18° | 30° Lubumbashi: 16° | 29° Mbabane: 12° | 28° Maseru: 14° | 26° Antananarivo: 15° | 31° Lilongwe: 20° | 29° Maputo: 17° | 30° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 15° | 23° Durban: 16° | 24° Johannesburg: 14° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 25° Harare: 16° | 25° #REF! #REF!