Loading svg Please wait while we translate the article
  • Startseite
  • Sport
  • Dinkskrum kan die pad na sukses help bou, sê topafrigter Henk

Dinkskrum kan die pad na sukses help bou, sê topafrigter Henk

Andrew Poolman
Namibiese sport – atletiek in besonder – kan baat vind indien die belangrike rolspelers betrokke by die Namibiese Skolesportunie (NSSU) se nasionale baan- en veldkampioenskap agterna bloot byeen kan kom en koppe bymekaar sit oor hoe sake beter bedryf kan word.

Hierdie siening van die Olimpiese atletiekafrigter Henk Botha is in die opbou na laas naweek se nasionale skolebyeenkoms uitgespreek, toe hy die genooide ekspert op ons braai- en sportprogram Gooi Kole was.

“Soms voel dit vir my ons hou bloot ‘n nasionale kampioenskap met geen ander prioriteit as om te kan sê ons het ‘n nasionale kampioenskap aangebied nie. Dan gaan ‘n jaar verby en ons bied nog een aan, maar ons kyk nie agterna na die gewenste resultaat wat ons werklik daaruit wil bereik nie,” het Botha gesê.

Hy is ‘n voorstander dat gesonde verstand in ‘n dinkskrum in werking gestel word vir praktiese voorstelle om in elk van die land se 14 streke te verseker dat atlete op ‘n opwaartse kurwe geplaas kan word om hul volle potensiaal te bereik – met die verskille in gehalte van beskikbare fasiliteite en tekorte aan ervare afrigters in ag geneem.

As die erkende afrigter van Namibië se twee 2021 Olimpiese finaliste in die 200 vir vroue, Christine Mboma en Beatrice Masilingi, het Botha min bekendstellling nodig.

In die nuutste episode van Gooi Kole ontmoet ons ook die 21-jarige naelloper Elton Hoeseb – een van die opkomende jong atlete met wie Botha tans werk, wat ook ons genooide braaier was.

Kyk na laas Vrydag se show by https://q.my.na/SU8H/

Nuwe episodes word Vrydae om 13:30 op https://oneuptwo.com gebeeldsend.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!