Jong Namibiërs in taai leerskool
Krieket
Gillmer Horn het gister met oordeelkundige kolfwerk Namibië se hoogste telling in die afgelope drie wedstryde geslaan.
Krieket Namibië se nasionale Walvis Bay Salt o.13-span was sedert Saterdag by drie eendagwedstryde (50 boulbeurte) by Krieket Suid-Afrika se o.13-streekkampioenskap in Pretoria in aksie.
Die Namibiërs (133 lopies vir 6 paaltjies in 28.4 boulbeurte) het Saterdag hul eerste botsing teen die Limpopo Impalas (131 almal uit in 28) met vier paaltjies gewen.
Die boulers Tiaan du Plessis (3 paaltjies vir 22 lopies in 6 boulbeurte) en Piet Boltman (2/19 in 5) het ’n besonderse bydrae tot hul span se oorwinning gelewer.
Gillmer Horn (28 lopies van 39 balle, 3x4, 1x6) en Michael Hangula (24, 38 b, 4x4) was Namibië se toplopiemakers. Namibië het 15 grenshoue (14x4, 1x6) teen Limpopo se 19 (13x4, 3x6) behaal en nog steeds die wedstryd ingepalm.
TEEN DIE BLUE LIONS
Namibië (96 almal uit in 37) het Sondag hul wedstryd teen die Lions (97/2 in 21) met agt paaltjies verloor.
Die openingskolwer van Namibië, JW Junius (30, 52 b, 4x4), was die enigste kolwer van sy span wat die mas kon opkom en dubbelsyfers behaal het.
JW Junius (1/3 in 1) en Christian Potgieter (1/12 in 4) het paaltjies vir Namibië laat kantel.
Grenshoue: Lions 11 (10x4, 1x6), Namibië 6 (6x4).
GISTER TEEN DIE SKY TITANS
Die sterk Titans-span het ’n massiewe telling van 269 lopies vir sewe paaltjies in 50 boulbeurte opgestapel en Namibië met 109 lopies geklop.
Namibië (160 almal uit in 44.4) se boulers Kobus Engelbrecht (2/41 in 5), Natie la Cock (1/28 in 10), Michael Hangula (1/17 in 4) en JW Junius (1/48 in 7) het hul bes gelewer.
La Cock was briljant met sy boulwerk en die suinigste van sy span se boulers. La Cock en Gillmer Horn het met blitsige veldwerk vir Dean Jacobs (12) uitgehardloop. JW Junius se boul en uitvang van Renzo Kruger vir 18 was ongelooflike individuele spel.
Samewerking tussen Jacobus Boltman en Horn het ’n einde aan Jean Boshoff se bullopie in die 49ste boulbeurt gemaak. Piet Boltman het wel nie ’n paaljie laat kantel nie, maar hy het het slegs 3.8 lopies per boulbeurt afgestaan.
Jean Boshoff (103, 111 b, 5x4, 3x6) van die Titans was werklik puik op dreef met die kolf. Thato Mabote (35, 59 b, 4x4) het sy span se tweede hoogste telling behaal met Hardus Hattingh (33 nie uit nie, 34 b, 3x4, 1x6) kort op sy hake.
Vir Namibië het die openingskolwer, JW Junius (25, 36 b, 3x4), goed begin, maar die Titan se boulaanval het reeds planne beraam. Die kolforde is vinnig tot 69/4 in 19 beurte ingekort en geen noemenswaardige vennootskappe kon gevorm word nie. Horn het egter goed vasgekop en verbete vir sy span geveg. Ongelukkig was sy 65 (80 b, 8x4) nie genoeg om sy span te red nie.
Reuben Wolfaardt (4/24 in 10) was die Titans se doeltreffendste bouler.
Grenshoue: Titans 22 (18x4, 4x6), Namibië 14 (14x4).
Die Namibiese span is JW Junius, Gillmer Horn, Natie la Cock, Wiseman Dangarembizi, Michael Hangula, Daniel Fourie, Joss Zondag, Kobus Engelbrecht, Tiaan du Plessis, Piet Boltman, Christian Potgieter, Jacobus Boltman en De Witt Bergh.
Die tien spanne is die Mpumalanga Rhinos, Limpopo Impalas, Sky Titans, Navy Titans, North West, Blue Lions, Yellow Lions, Red Easterns, Blue Easterns en Namibië.
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen