Kotze teen Steenkamp op groot verhoog
Boks
Die MTC Nestor Sunshine Tobias Boks-akademie sal saam met PstBet op 17 Augustus by die Windhoek Buiteklub sy Together as One Part 13-boksbonanza aanbied.
Die hoofgeveg sal tussen Mateus “The Beast” Heita en Thato Bonokoane van Suid-Afrika vir die Wêreldboksvereniging (WBA) se Pan Afrika-veergewigtitel deur die toue klim.
Die 33-jarige Bonokoane, van Soweto, is ‘n gesoute vegter met 23 gevegte op sy kerfstok, waarvan drie gelykop geëindig het. Al het hy ses keer verloor, het hy 14 gevegte ingepalm en nege daarvan met uitklophoue beëindig.
Die einste Bonokoane is verlede Desember in Windhoek deur Fillipus Nghitumbwa met ‘n tegniese uitklophou in die eerste ronde gestuit toe hulle vir die Wêreldboksorganisasie (WBO) se vakante Afrika superkapokgewigtitel in die kryt geklim het.
Die geveg behoort ‘n opwindende kragmeting tussen die jonger Heita (26) en Bonokoane te wees. Heita word nie verniet The Beast genoem nie. Hy het elkeen van sy elf beroepsgevegte gewen en sewe daarvan met uitklophoue beklink.
Die hoofvoorgeveg tussen Pieter Kotze van Windhoek en JayCee Steenkamp van Walvisbaai behoort ‘n epiese botsing tussen twee talentvolle amateurboksers te wees.
Die twee jong manne wat beide in Windhoek Gimnasium skoolgegaan het, het sedert die begin van die jaar kwaai voorberei en is gereed om hul vaardighede en vasberadenheid voor 'n entoesiastiese skare by die Windhoek Buiteklub ten toon te stel.
Kotze, wat gretig is om sy tuisgrond te verdedig, het volgens die promotor Nestor Tobias ‘n waarskuwing aan Steenkamp gerig.
“Dit gaan moeilik vir jou wees om my tuis voor my ondersteunsers te klop en in ‘n venue waar ek al tevore geboks het.”
Steenkamp het met ewe veel selfvertroue ‘n waarskuwingskoot na Kotze gemik.
“Ek het al jou gevegte gesien en daar is niks spesiaals aan jou nie. Ek sal jou op 17 Augustus wys hoe om te boks en gaan jou voor jou ondersteuners en familie uitslaan. Dié riller gaan hou-vir-hou verloop.”
Beide Kotze en Steenkamp het hul ondersteuners aangemoedig om die boksbonanza by te woon. Gewone toegang kos N$200 per persoon en ‘n tafel vir tien baie belangrike persone kos N$20 000.
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen