Looser waardeer die land se steun
Fietsry
Die reaksie op haar vegtende vertoning by die Olimpiese Spele was oorwegend positief.
‘n Golf van ondersteuning het Vera Looser voortgedryf tydens haar medediging in die Olimpiese Spele se padfietsresies oor 158 kilometer deur die strate van die Franse hoofstad.
In haar derde Olimpiese Spele het die 30-jarige gewese Afrika-kampioen ‘n vegtende vertoning gelewer om nie soos in haar vorige twee verskynings (Rio de Janeiro 2016 en Tokio 2021) aan die padresies onttrek te word nie.
In Sondag se uitmergelende resies het die wenner van die goue medalje, Kristen Faulkner van die VSA, die eindstreep ná drie ure 59 minute 23 sekondes gehaal.
In Looser se opsomming op sosiale media ná die groot kompetisie het sy geskryf: “Nou voel ek soos ‘n Olimpiese atleet. Vir agt jaar het DNF (by twee Olimpiese Speles) agter my naam gestaan, maar uiteindelik het ek dit nou ‘n syfer gemaak.
“Die 68ste posisie klink seker nie wonderlik nie, maar ek is trots op my vertoning. Vir twee jaar voor hierdie geleentheid het ek aan geen UCI-resiese op die padfiets deelgeneem nie (bygesê, haar oorwinnings op die bergfiets gedurende hierdie tydperk het betekenisvolle prestasies soos die Absa Cape Epic, Absa Swiss Epic en twee UCI Marathon-Wêreldbekerbyeenkomste ingesluit).
“Om in ‘n deurslaggewende tydstip van die Olimpiese resies boonop agter ‘n groepbotsing vasgekeer te word en sodoende tyd en posisies te verloor, was ook nie ideaal nie, maar ek het gedoen wat ek kon en ek kan vanaand met ‘n glimlag gaan slaap.”
Om Looser se eindposisie in perspektief te stel, kan bygenoem word dat Namibië (een plek), Mauritius (een plek) en Suid-Afrika (twee) die enigste Afrika-lande in die vrouepadresies van 90 uitgesoekte elite vroue was, wat deur Europese lande oorheers is.
Ashleigh Moolman Pasio (RSA, 33ste, vyf minute ná die wenner) was die enigste van die vasteland voor die Namibiese kampioen, terwyl Tiffany Keep (RSA) en Kim Le Court (Mauritius) nie klaargemaak het nie.
“Dankie vir elke boodskap van die laaste dae; ek het almal gelees en die ondersteuning was oorweldigend!” skryf Looser.
“Die skares toeskouers langs die roete was wonderlik! Dankie aan die miljoene Parysenaars. En aan @konnylooser, ek was so gelukkig om hom met ons Namibiese vlag te sien.”
In minder as 24 uur sedert haar inskrywing het meer as 1600 mense daarvan gehou en die kommentaar en gelukwensings het gewys hoe die gewilde Looser haar landgenote inspireer.
“Niemand kan hierdie prestasie wegneem nie! Jy is ‘n trotse Namibiese Olimpiese atleet,” het Robbie Thompson geskryf.
“Daardie ongeluk voor jou het ‘n groot rol gespeel; dit was baie ongelukkig. Jy het ons nietemin trots gemaak,” was die kommentaar van Gerhard Breed, ook ‘n fietsryer.
Carolin Janik, ‘n fietsry-afrigter: “Vera, jy is ‘n inspirasie vir Namibië; baie dankie en baie geluk. Wanneer jy weer in Namibië kom kuier, nooi ek jou om met ons jong ryers te kom gesels en jou passie met hulle te deel.”

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen