Namibiese tennis talente skitter
Tennis
Die Amex Wine Lands Super 8 Tennis Toernooi op die gewilde Strand-golfbaan was 'n waardevolle ervaring vir jong spelers van Namibie.
Die Amex Wine Lands Super 8 Tennis Toernooi het onlangs op die gewilde Strand-golfbaan plaasgevind.
Die toernooi is een van die mees gevestigdes in Afrika en lok deelnemers van reg oor die vasteland. In die Onder 14 kategorie het Johan Theron hom onderskei deur in die negende poissie uit 'n sterk veld van 64 spelers te eindig. Theron het tydens sy eerste toernooi reeds indrukwekkende oorwinnings behaal, insluitend wenne teen die 14de gekeurde Ungakum Magigaba, die 11de gekeurde Christian Swart, en 9de gekeurde Tyler Stanham.
'n Sterk groep van 64 spelers het meegeding in die Onder 16 afdeling van die kompetisie en dit was ‘n waardevolle ervaring vir die jong spelers. Henlou du Toit het 31ste geëindig, terwyl Lian Kuhn 'n indrukwekkende 24ste plek behaal het. Luan Brand het 37ste geëindig, en Jayden van der Westhuizen het die 34ste plek bekom. Kyle Dreyer het in die 46ste plek klaar gemaak. Dit was Kyle en Jayden se eerste keer wat hulle in so 'n groot toernooi gespeel het. "Jy dink jy is goed totdat jy in so 'n sterk en groot toernooi speel. Dan besef jy dat jy hard moet werk, want elke speler hier is spesiaal. Jy kan nie seker wees van 'n wen nie, want jy speel teen die beste van die beste - van die nommer een speler in Afrika tot spelers wat op die wêreldranglys is," het Kyle gesê.
In die Mans Ope kategorie het Dickson Phiri 'n waardevolle 22ste plek behaal. Dit wys dat hy sy vaardighede goed op 'n hoë vlak toegepas het. Alhoewel Phiri nie heeltemal tevrede was met sy vertoning nie, het hy aangedui dat hy vol vertroue is dat hy beter sal doen in sy volgende toernooi. Hy het onlangs die Meester Tennis Toernooi in Namibië gewen, en sy doel is om sy prestasies verder te verbeter.
In die Dubbelespel afdeling het die spanning hoog geloop. In die “Goud Afdeling” het die paar Lian en Luan die titel gewen deur die span van Henlou du Toit en AJ Brouwer te verslaan. Dickson Phiri en Antonio Tchivanda die kans aangegryp om die wenposisie in Die Mans Ope “Goud Afdeling" in te palm. De Witt Bergh, wat oorspronklik aan die toernooi sou deelneem, het ongelukkig ? besering opgedoen en nie kon meeding nie.
Die Amex Wine Lands Super 8 het bewys dat Namibiese spelers nie net in die nasionale arena uitblink nie, maar ook op die Afrika tennisplatform hul merk kan maak. Volgende jaar word verwag dat die toernooi weer groter en beter gaan te wees, met meer talent wat die kontinent sal beïndruk.
Johan Theron Snr, van die Johan Theron Tennis Skool in Windhoek, het sy dank aan die borge CIC, Leojo Chemicals en Henred Fruehauf uitgespreek, wat dit moontlik maak om die jong seuns die kans te gee om buite die grense van Namibië aan toernooie deel te neem. Hy het die waarde van hierdie ondersteuning beklemtoon en gesê dit maak 'n groot verskil vir die ontwikkeling van jong atlete.
- [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen