Loading svg Please wait while we translate the article

O.19-meisies uitgeskakel in Afrika se WB-wedloop

Krieket
Andrew Poolman
Nederlae in hul eerste twee wedstryde het die hoopvolle doelwit van kwalifisering vir die ICC T20 Wêreldbeker vir o.19-vroue beëindig vir die Namibiese span wat vandeesweek in Rwanda se hoofstad Kigali meeding.

Agt Afrika-spanne is in twee groepe verdeel vir die toernooi van 22 tot 29 September.

Groep A bevat Kenia, Namibië, Rwanda en Uganda, terwyl groep B uit Malawi, Nigerië, Tanzanië en Zimbabwe bestaan.

Twee spanne uit elke groep sal die semifinaal haal en net die toernooiwenner sal tot die CC T20 Wêreldbeker vir o.19-vroue (Maleisië 2025) deurdring.

Onder die kapteinskap van Engela van der Merwe het die Namibiese o.19 Capricorn Eagles-span reeds teen Uganda (Sondag) en teen die gasheerland Rwanda (gister) pak gekry.

Sondag het Uganda die loot gewen en gekies om eerste te kolf, wat ‘n totaal van 128/6 gelewer het. Die Eagles is hierna tot 79 lopies almal uit beperk. Net twee kolwers kon dubbelsyfers haal, naamlik die aanvangskolwer Mekelaye Mwatile (28 van 35 balle) en nommer drie Hileni David (18 van 28 balle). Ook as bouler het Mwatile (2/27 in 4 bb) die meeste deurdringingsvermoë getoon, nadat sy reeds as ‘n senior nasionale speler blootstelling gekry het.

Gister het Van der Merwe die loot gewen en haar span eerste laat kolf. Danksy Mwatile (33 van 28 balle) en Van der Merwe (14 van 19 balle) het die eerste paaltjie op 53/1 ná 7.2 boulbeurte geval. Later het nommer sewe Monique Laas 25 nie uit nie van 24 balle behaal, maar die Namibiese totaal van 101/8 het nietemin beskeie gelyk.

Rwanda het hierdie teiken met 102/3 ná 17.3 bb verbygesteek.

Die Namibiërs se oorblywende groepwedstryd is vandag teen Kenia. Beide is punteloos, terwyl Kenia en Rwanda (beide onoorwonne) vandag sal bepaal wie eerste en tweede in die groep eindig.

In Groep B het Nigerië (4 punte), Tanzanië (2) en Zimbabwe (2) nog ‘n lewendige kans.

Teen gister was Mwatile ná twee kolfbeurte vierde op die lys van topkolwers (61 lopies, gemiddeld 30.5; kolftempo 96.8) en vyfde op die puntelys van “mees waardevolle speler”.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-01-16

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 30° Rundu: 20° | 36° Eenhana: 19° | 34° Oshakati: 22° | 33° Ruacana: 17° | 34° Tsumeb: 20° | 34° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 16° | 32° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 19° | 34° Henties Bay: 15° | 21° Swakopmund: 16° | 18° Walvis Bay: 16° | 22° Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 21° | 37° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 14° | 23° Ariamsvlei: 22° | 37° Oranjemund: 15° | 24° Luanda: 26° | 27° Gaborone: 19° | 30° Lubumbashi: 17° | 22° Mbabane: 15° | 21° Maseru: 15° | 27° Antananarivo: 17° | 28° Lilongwe: 19° | 27° Maputo: 20° | 29° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 17° | 27° Durban: 18° | 25° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 18° | 20° Harare: 18° | 21° #REF! #REF!