Loading svg Please wait while we translate the article

Ongesonde wanbalans bewys krieket geen guns

Krieket
Tielman Van Lill
Ná die derdte ronde die afgelope Saterdag van Krieket Namibië se T20-premierliga, is Wanderers die voorlopers met drie seges op die punteleer gevolg deur Old Boys (twee oorwinnings) en Tigers (een), terwyl United punteloos vierde in die laaste posisie is.

Die grondslag vir ATG WHS Old Boys (94 vir 4 paaltjie in 14.2 boulbeurte) se sege met ses paaltjies teen CCD Tigers (93 almal uit) was reeds in die eerste kolfbeurt bewerkstellig toe Old Boys die Tiger-kolwers in 17.5 uitgehaal het.

Die aanvangskolwers van Tigers, Ryan Moffett (6 lopies) en Joshuan Julius (8), was vroeg terug kleedkamer toe gestuur. Ben Shikongo (29 van 32 balle, 2x4, 1x6) het verbete op nommer sewe vasgeskop. Hy en Simon Shikongo op nommer drie (17 van 14 b, 2x4) was Tigers se voorste kolwers van die dag. Die naasbeste tellings was deur Julius en nommer nege Quincy Beukes (8) gelewer.

Die jong draaibouler Francois du Plessis was opnuut doeltreffend vir Old Boys (3 paaltjies vir 26 lopies in 4 boulbeurte, ekonomie 6.5), terwyl Zhivago Groenewald (ekon. 2.75), Shaun Fouché (ekon. 4.33) en Jack Brassell (ekon 5.67) elk met twee slagoffers ‘n beduidende bydrae gelewer het. Tangeni Lungameni (1/15 in 1.5, ekon. 8.18) het vir Ben Shikongo geboul.

Vir Old Boys was Malan Kruger op nommer drie (31 van 25 b, 4x4), Francois du Plessis op nommer vier (19 van 21 b, 3x4) en aanvangskolwer Adriaan Coetzee (18 van 18 b, 2x4, 1x6) hul voorste lopiemakers. Du Plessis se veelsydige bydrae het hom die toekenning as speler van die wedstryd besorg.

Donovan Zealand (2/17 in 4, ekon 4.25) en Ramon Wilmot (1/18 in 4, ekon. 4.5) was goedkoop vir Tigers met die bal in die hand. (1/24 in 2, ekon. 12) se eerste boulbeurt het net 6 lopies gekos, maar hierna het drie wydlopers en Malan Kruger se twee sesse en ‘n vier sy syfers bederf.



WANDERERS ONOORWONNE

APS Samsung Wanderers 1 (109/2 in 9.4) klop Trustco United 1 (108 almal uit in 19) met agt paaltjies.

As dit nie vir Handré Klazinga as kolwer nommer sewe se aanvallende beurt vir United was nie (36 lopies van 26 b, 1x4, 2x6), sou dié eensydige wedstryd selfs nog gouer iets van die verlede gewees het. Die enigste ander dubbelsyfers vir United is deur Steph Fourie op vier behaal (14 van 14 b, 2x4).

Vir Wanderers het Jan-Izak de Villiers (4/17 in 4, ekon. 4.25), JC Balt (2/23 in 3, ekon. 7.67), Karl Birkenstock (1/11 in 3, ekon. 3.67), Herschelle van Schalkwyk (1/5 in 1, ekon. 5), Nyasha Nyashadzaishe (1/22 in 3, ekon. 7.33) en Lu-Hendro de Waal (1/10 in 1, ekon. 10) paaltjies ingeoes.

JC Balt (50 van 26 b, 6x4, 3x6) en Lo-han Louwrens (40 nie uit nie van 18 b, 5x4, 2x6) het saam met Niko Davin (10) en hul kaptein Michau du Preez (4*) slegs 59 aflewerings vir ‘n oorwinning benodig.

Steph Fourie (1/4 in 1, ekon. 4) en Ado Iita (1/25 in 2, ekon. 12.5) het onderskeidelik van Balt en Davin ontslae geraak.

Die langdurige vraagstuk vir plaaslike krieket is hoe om meer klubs te help om konstant kompeterend te wees en die aantal ongelyke stryde te verminder.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!