Opwindende MX-uittog vir Namibiërs
Motocross
Die Zone 7 motocross-klub bied volgende naweek noord van Kaapstad ‘n nasionale en streekkompetisie aan wat die inskrywings van twaalf Namibiese jaers gelok het.
Ongelukkig kan Zoe Waldschmidt weens haar skoolverpligtinge nie saam reis nie. Mark Sternagel, Namibië se nasionale ope-kampioen, sal ook nie die uitstappie na die Wes-Kaap kan aanpak nie.
Waardevolle ondervinding en opwinding wag vir die Namibiërs by Van Schoorsdrift naby die N7-hoofweg waar die baan geleë is.
Die Namibiese verteenwoordigers is Carter Bouwer en Mason Meyer (50 cc-klas), Markus Pack en Oliver Mathews (65 cc), Connor Bouwer en Leander Metzger (85 cc), Jarno Metzger, Marco Lindemeier, Juan de Vos en Gero Friederich (125 cc), Tertius Joubert en Sigi Pack (MX3).
Die jaers se puntestand in die nasionale kampioenskap wys dat Bouwer tans die voorloper in sy Namibiese kampioenskapsklas is, gevolg deur Markus Pack. Pack is ook derde in die 65 cc-afdeling, met Mathews in die eerste posisie.
In die 85 cc-klas is Bouwer tweede en Metzger vyfde. Metzger het egter twee byeenkomste in die 2024-seisoen misgeloop.
Die 125 cc-brigade sal moontlik deur De Vos gelei word met Friederich kort op sy agterwiel. De Vos is eerste in die Namibiese kampioenskap, Friederich tweede en Metzger vierde.
Sigi Pack loop voor by die veterane, terwyl Joubert vierde in die ope-klas is.
Topdrie in Namibiese kampioenskap (ná die sesde ronde)
50 cc: 1 Carter Bouwer (444 punte), 2 Markus Pack (358), 3 Delmar du Plessis (328).
65 cc: 1 Oliver Mathews (401), 2 De Wet du Plessis (368), 3 Markus Pack (355).
85 cc: 1 Khian Kotze (441), 2 Connor Bouwer (354), 3 Christopher Still (335).
Junior 125 cc: 1 Juan de Vos (428), 2 Gero Friederich (376), 3 Brian Kebbel (327).
Vroue: 1 Zoe Waldschmidt (447), 2 Ronja Friederich (330), 3 Gabrielle Still (314).
Klubmans: 1 Lourens du Plessis (262), 2 JF van Eeden (251), 3 JC Lochner (207).
Veterane: 1 Sigi Pack (435), 2 Olaf Pack (252), 3 Ronald Geiger (220).
Ope-klas: 1 Mark Sternagel (450), 2 Rigo Wolf (396), 3 Tony Viljoen (357).
King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (150), 2 Juan de Vos (127), 3 Gero Friederich (117), 4 Sigi Pack (109), 5 Rigo Wolf (100).
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen