Loading svg Please wait while we translate the article

Parys word die gans wat die goue eiers lê

Atletiek
Tielman Van Lill
Wêreldatletiek het gister aangekondig dat elke individuele goue medaljewenner by die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, met US$50 000 beloon sal word.

Dit maak Wêreldatletiek die eerste wêreldsportbeheerliggaam wat prysgeld by 'n Olimpiese Spele sal toeken om atlete finansieel vir hul uitsonderlike prestasies te beloon.

Indien al die individuele goue medaljewenners hul opkikkertoetse slaag, sal 44 baan- en veldatlete teen die huidige wisselkoers elkeen ongeveer N$932 500 meer in die bank hê.

Aan aflosspanne sal dieselfde bedrag toegeken word, wat egter tussen die vier lede verdeel sal word.

Silwer- en bronsmedaljewenners is nie deur Wêreldatletiek vergeet nie, maar die sal nog ‘n rukkie moet vasbyt om syfers te hoor. Wêreldatletiek het hom daartoe verbind om prysgeld aan silwer- en bronsmedaljewenners by die 2028 Olimpiese Spele in Los Angeles te betaal.

Vir nou is 'n totale pryspot van US$2,4 miljoen uit die Internasionale Olimpiese Komitee se inkomste-aandeeltoekenning begroot wat elke vier jaar deur Wêreldatletiek ontvang word.

Dis ongelukkig tans onbekend wat Wêreldatletiek beplan om oor vier jaar aan die silwer- en bronsmedaljewenners te gee. Die verklaring deur Wêreldatletiek dui ook nie aan of die prysgeld vir goue medaljewenners by die 2028 Spele in die Verenigde State van Amerika meer as US$50 000 gaan wees nie.

Toe Sebastian Coe, die president van Wêreldatletiek, die aankondiging gedoen het, het hy gesê: “Die bekendstelling van prysgeld vir Olimpiese goue medaljewenners is 'n deurslaggewende oomblik vir Wêreldatletiek en die sport van atletiek as 'n geheel. Dit onderstreep ons verbintenis tot die bemagtiging van die atlete om erkenning te gee aan die kritieke rol wat hulle in die sukses van enige Olimpiese Spele speel.

“Dis die voortsetting van 'n reis wat ons in 2015 begin het, wat sien dat al die geld wat Wêreldatletiek van die Internasionale Olimpiese Komitee vir die Olimpiese Spele ontvang, direk terug na ons sport gaan.

“Ons het begin met die Olimpiese dividendbetalings aan ons lidfederasies, wat ons 'n ekstra US$5 miljoen per jaar uitgedeel het bo en behalwe bestaande toekennings wat op atletiekgroeiprojekte gemik is. Ons is nou in 'n posisie om goue medalje-prestasies vir atlete in Parys te gee.

“Wêreldatletiek sal al drie medaljewenners by die 2028 Olimpiese Spele vir hul harde werk vergoed.

“Dis onmoontlik om 'n markwaarde aan die wen van 'n Olimpiese medalje vas te stel, of selfs aan die toewyding en fokus wat dit verg om jou land by 'n Olimpiese Spele te verteenwoordig.

“Ek dink dis belangrik dat ons iewers begin en seker maak dat van die inkomste wat deur ons atlete by die Olimpiese Spele gegenereer word, direk teruggegee word aan diegene wat die Spele die wêreldwye skouspel maak wat dit is.”

Die formaat en struktuur van die LA28 Olimpiese bonusse sal nader aan die tyd bekend gemaak word.

[email protected], www.worldathletics

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-23

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!