Loading svg Please wait while we translate the article

Proteas verlig met plek in WB-halfeind

Krieket
Johann de Jager
Die Suid-Afrikaanse draaier Tabraiz Shamsi het ’n hou teen sy kritici ingekry toe hy die speler van die wedstryd was in die Proteas se Super 8-sege oor die Wes-Indiese Eilande wat sy span in die T20-Wêreldbeker-halfeindronde geplaas het.

Die 34-jarige Shamsi het laat Sondagaand met 3/27 in Antigua uitgeblink in Suid-Afrika se sege met drie paaltjies volgens die Duckworth-Lewis-Stern-formule.

Suid-Afrika se draaiers het gesamentlik 12 boulbeurte afgestuur in die Windies se kolfbeurt van 135/8. Die Protea moes ná ’n reënonderbreking ’n gewysigde teiken van 123 lopies van 17 beurte jaag en het toe 124/7 met vyf balle oor aangeteken.

Shamsi het die brieke aangedraai nadat hy ’n paar dae tevore op dieselfde veld teen die VSA deurgeloop het.

“In my vorige wedstryd het ek later in die kolfbeurt geboul en 50 lopies afgestaan. Sekere kritici het toe gepraat oor druk en dat ek dit nie kan hanteer nie.”

Volgens hom hoop hy hy het nou, in wat effektief ’n kwarteindstryd teen die Windies was, gewys wat hy onder druk kan doen.

Hy meen dis ’n bietjie belaglik dat die kritiek van voormalige spelers kom.

“Toe hulle op die veld was, het hulle dieselfde dinge gedoen. As krieketspelers weet ons soms werk dinge vir jou en ander dae nie.”

Suid-Afrika het in dié toernooi ’n gewoonte begin maak om wedstryde in die laaste boulbeurt te wen. Dit was sover in vier van sy sewe opeenvolgende seges die geval.

“Meeste van die uitslae was veel nader as wat ons dit sou wou hê, maar die wonderlike ding is dat dit lyk asof dié nuwe Protea-span altyd oor die lyn kom.

“Ons is basies onder groot druk geplaas in elke enkele wedstryd wat ons gespeel het. Die ouens kon ’n manier vind om te wen, maak nie saak wat die situasie was of hoe naby die wedstryd was nie.”



Taktiek

Aiden Markram (1/28), die Proteas-kaptein, was weer een van die aanvangsboulers en het nadat hy ’n paaltjie met sy eerste draaibal gekry het, al vier sy beurte opeenvolgens afgestuur. Keshav Maharaj (1/24) het in die vyfde beurt begin boul en Shamsi in die 10de.

“Wanneer jy ’n ander draaier sien paaltjies neem, gee dit jou ook selfvertroue om te weet dat wanneer dit jou beurt is, jy ook hulp van die blad sal kry,” sê Shamsi.

Volgens hom was hy ook gelukkig om die laaste vyf na ses jaar in die Karibiese Premierliga te speel en weet hy min of meer hoe die Windies se spelers speel.

’n Baie verligte Markram het agterna gesê Shamsi is gekies omdat hulle ’n draaier in hul geledere wou hê wat hul teenstanders aan die raai kon hou.

Hy sê hulle wou ’n draaier tydens die kragspel beproef en toe hulle sien die bal draai, wou hulle soveel moontlik beurte van draai in die Windies se beurt afstuur.

“Die feit dat Kagiso Rabada net twee beurte geboul het, spreek van hoe die blad gespeel het,” sê Markram.

Suid-Afrika sal Donderdag teen óf Australië óf Afghanistan in die halfeindronde te staan kom.

“Wie dit ook al sal wees, ons het nog nie ons beste wedstryd gespeel nie. So ons sal probeer om dit in die halfeindronde alles bymekaar te kry, ” sê Markram.

- Netwerk24

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-15

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!