Loading svg Please wait while we translate the article
Die Sables op die aanval teen die Emirate. Foto @SablesRugbyZW
Die Sables op die aanval teen die Emirate. Foto @SablesRugbyZW

Sables teken 61-22 aan teen Emirate

Rugby
Andrew Poolman
Zimbabwe se rugbyspan, die Sables, het algaande gekliek op pad na hul oorwinning met 61-22 teen die Verenigde Arabiese Emirate Dinsdagaand in Dubai se internasionale sewesrugbystadion.

Die uitslag en punteverskil is geen groot verrassing nie, gesien in die lig dat Zimbabwe tans 29ste op die wêreldranglys is en die Emirate 50ste. Die Emirate, met verskeie Engelse en Suid-Afrikaanse vanne op hul spanlys, het drie drieë gedruk wat nie genoeg was om die toerspan te bedreig nie,

Die Sables, heersende houer van die 2024 Rugby Afrika-bekertrofee nadat hulle Namibië en Algerië in Juliemaand geklop het, se afrigter Piet Benade het ‘n opwindende spelersgroep byeengebring.

Die binnesenter Kyle Godwin, wat ‘n tweede internasionale loopbaan begin nadat hy tevore een toets vir die Wallabies gespeel het, het sy toetsdebuut vir sy geboorteland gemaak.

Zimbabwe se ervare skrumskakel en kaptein Hilton Mudariki het twee drieë in sy 49ste toets gedruk. Sy span het rustyd reeds met 36-3 ten volle in beheer.

“Ons planne het goed uitgewerk en die nuwe aansluitings het goed ingepas. Dit was ‘n fantastiese spanvertoning. Ons is baie dankbaar vir die skare wat ons kom ondersteun het. Ons het nie verwag om soos ‘n tuisspan te voel nie, maar die energie hier was ongelooflik,” het Mudariki agterna gesê.

Die haastige jong linkervleuel Edward Sigauke (drie drieë) en regtervleuel Trevor Gurwe het ook gaan druk, met die skopwerk wat deur die losskakel Ian Prior behartig is.

Die Zimbabwiërs, wat opbou na volgende jaar Julie se bepalende kwalifiserende kwalifiserende toernooi vir die 2027 Wêreldbeker in Australië, sal op hul huidige toer ook teen Korea te staan kom. Korea (33ste) behoort heelwat nader aan Zimbabwe se portuur te wees.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!