Loading svg Please wait while we translate the article

Simbine ‘n voorbeeld vir baie

Atletiek
Tielman Van Lill
Met 'n indrukwekkende persoonlike beste tyd van 9.82 sekondes oor 100 meter, is Akani Simbine die derde vinnigste Afrika-naelloper in die geskiedenis, maar wat hom in ewe groot mate op die internasionale baan definieer, is sy bestendigheid.

Die 31-jarige Suid-Afrikaanse ster het in elke kalenderjaar van die afgelope dekade jaarliks die 100 meter vinniger as 10 sekondes afgelê.

Sy eerste werklike groot internasionale medalje van sy loopbaan het hy by die 2024 Olimpiese Spele in Parys, Frankryk, gewen toe hy en sy 4x100-aflosmaats die silwer ná Amerika opgeraap het.

Dit was sy eerste Olimpiese medalje, ná twee vierde plekke in die 100 m (2021 Tokio en 2024 Parys) plus 'n vyfde plek by die 2016 Rio de Janeiro Spele.

Telkens het hy die groot podiums met net die kleinste breukdele van 'n sekonde misgeloop. In media-onderhoude het hy laat blyk hoe platgeslaan en depressief hy ná sy Tokio-teleurstelling was, maar dat terapie hom gehelp het om homself weer te vind.

Die stil krag in die wêreld van naellope het egter nog veel meer wat hy hoop om te bereik.

Simbine het gesê: "Ek het redelik laat in my lewe as 'n 19-jarige tiener met atletiek kennis gemaak. Dit was ‘n geweldige leerskool hoe dinge gedoen word en hoe dit werk.

“Ek was in die diepkant ingegooi en gesê swem. Ek dink dis hoekom ek nie so oud in die sport voel nie.

“Van nature praat ek nie baie nie. Ek is baie teruggetrokke. Ek het baie respek vir almal wat toustaan, tonne respek, want ek weet wat jy insit om hier te wees. Ek dink my vertonings op die atletiekbaan en my werklike werk wat ek insit, spreek harder as wat ek op sosiale media sou kon bereik.

“Afrika-atlete is meer bekend vir langafstande en nie noodwendig vir die spoeditems nie. Om deel te wees van 'n klein groepie atlete wat (Afrika-)naellope na die wêreld neem, is ek trots op die feit dat ek aan die spits kon wees om die volgende generasie te motiveer om goed en beter te vaar ... om te wil kom nael, om in verskillende lande in die wêreld te wil gaan hardloop en te wys hoe vinnig jy is.

“Wat ek vir my land gedoen het, is goed, maar wat ek vir myself in atletiek gedoen het, is regtig ongelooflik. Ek het nooit hiervan gedroom nie.

“Ek het nooit daarvan kon droom om oral in verskillende lande te hardloop, of om sub-10-tye te hardloop nie – dit was nie eens deel van my plan as tiener nie.

“Ek gaan nie gou atletiek vaarwel roep nie. Ek sal daar wees totdat ek voel ek het genoeg gehad en ek is gereed om aan te beweeg.”

• Net twee Afrikane se vinnigste 100-metertye oortref Simbine se haastigste vertoning van 9.82 wat hy in April 2021 in Pretoria gehardloop het (windspoed +2.8).

Ferdinand Omanyala van Kenia se 9.77 in September 2021 by die Kip Keino Classic in Nairobi (windspoed +1.2) en die Nigeriër Favour Ashe (9.79 in April 2022 in Los Angeles, met windspoed +4.8) is die enigstes voor hom op die lys.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-10-18

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.08 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.86 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1651.73 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 717.45/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.12% | Zinc US$ 3 099.00/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 73.86/BBP DOWN -0.0115 | Platinum US$ 1 009.92/OZ UP +1.55% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 22° | 39° Rundu: 21° | 38° Eenhana: 19° | 37° Oshakati: 20° | 37° Ruacana: 18° | 37° Tsumeb: 23° | 35° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 16° | 33° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:33, High tide: 03:44, Low Tide: 22:02, High tide: 15:58 Swakopmund: 13° | 15° Wind speed: 25km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:42, Low Tide: 22:00, High tide: 15:56 Walvis Bay: 13° | 21° Wind speed: 37km/h, Wind direction: SW, Low tide: 09:31, High tide: 03:41, Low Tide: 22:00, High tide: 15:55 Rehoboth: 12° | 31° Mariental: 15° | 31° Keetmanshoop: 14° | 31° Aranos: 14° | 32° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 14° | 29° Oranjemund: 11° | 18° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 18° | 37° Mbabane: 13° | 27° Maseru: 12° | 26° Antananarivo: 15° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 18° | 29° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 14° | 16° Durban: 18° | 22° Johannesburg: 19° | 29° Dar es Salaam: 25° | 30° Lusaka: 21° | 36° Harare: 17° | 32° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.86 | EUR to NAD 19.08 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.57 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.08 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 132.86 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1651.73 | USD to ZAR 17.57 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1868.93 Up +0.75% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14125.26 Up +2.10% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30143.86 Down -1.31% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9834.64 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 717.45/OZ UP +0.88% | Copper US$ 4.37/lb UP +1.12% | Zinc US$ 3 099.00/T UP 1.45% | Brent Crude Oil US$ 73.86/BBP DOWN -0.0115 | Platinum US$ 1 009.92/OZ UP +1.55%