Loading svg Please wait while we translate the article

Skietspanne oorgehaal vir kolskootvertonings

Jaggeweerskiet
Jaggeweerskuts gaan vir die eerste keer op Namibiese bodem die geleentheid kry om hul vernuf teen die wêreld se bestes te toets.
Tielman Van Lill
Die Namibiese Jaggeweerskietvereniging (NHRSA) het die afgelope naweek ná proewe sy nasionale- en President-spanne vir die Wêreldkampioenskap gekies wat komende Juniemaand in Namibië by Otjiwa Safari Lodge aangebied sal word.

Vyftig hoopvolle skuts is deur die NHRSA vir die nasionale proewe op die plaas Hoffnung genooi waar die vroue, mans en juniors mekaar die stryd in die ope-afdeling asook 222/223-klas aangesê het.

Die Namibiërs sal hul land by die vierde Wêreldkampioenskap van die Internasionale Jaggeweerskietverening van 10 tot 15 Junie verteenwoordig. Behalwe spankompetisies staan elke individuele skut die kans om as wêreldkampioen in die onderskeie klasse gekroon te word. Spanne van Suid-Afrika en die Tjeggiese Republiek sal van die mededingers wees.

Die laaste Wêreldkampioenskap was in 2018 by Bloemfontein, Suid-Afrika, gehou waar Francois Marais junior van Namibië as wêreldkampioen gekroon was. Die Suid-Afrikaanse Protea-spanne het die spankompetisies by die vroue, ope-afdeling en 222/223-klas oorheers.

In 2021 was die Wêreldkampioenskap in Tjeggië weens Covid gekanselleer.

Drie hoërskoolleerlinge van Affies (Windhoek Afrikaanse Privaat Skool) is vir die nasionale junior span gekies. Bea Marais, Anja-Mari van der Merwe en Dawid du Toit sal Namibië by die Wêreldkampioenskap verteenwoordig.

Die Namibiese spanne

Nasionale 222/223-span: Francois Marais jnr, Marius Louw, Luandré Benade, Francois Marais senior, Strydom van der Wath en Michael Barlow.

President-222/223-span: Schalk Barnard, Jacobus van Schalkwyk, Wilhelm Loubser, Johannes “Wittes” Marais, Dirk Wessels en Ferdinand Schnaitmann. Reserwes: Bradley Jarman, Johannes van der Wath.

Nasionale Ope Mans: Francois Marais jnr, Strydon van der Wath, Wilhelm Loubser, Luandré Benade, Schalk Barnard en Francois Marais snr.

Ope Presidentspan: Johannes Marais, Marius Louw, Michael Barlow, Morné Louw, Jacobus van Schalkwyk en Nico Horn. Reserwes: Ferdinand Schnaitmann, Francois Mckay.

Nasionale Vrouespan: Silke Grobler, Bets-Marie Coetzee, Celeste van der Merwe, Tanya Groenewald, Marianna Basson en Karola Marais.

Nasionale junior span: Vincent Maresch, CG Steenkamp, Luan Oosthuizen, Beatrix Marais, Dawid du Toit en Anja-Mari van der Merwe. Reserwes: Maclene Mckay, Wolla Prinsloo junior.

Die NHRSA sê: “Ons voel geëerd en opgewonde om gekies te wees om die vierde Wêreldkampioenskap aan te bied. Die NHRSA werk hard om ‘n wêreldklas kompetisie te huisves.

“Baie dankie aan die borge wat reeds vir die Wêreldkampioenskap bygedra het. Hulle is Piet Maresch (Monster Energy), Whylo-VTX, Industrial Tool and Fastening, Otjiwa Lodge, Agra Safari Den, Namib Dyno, Namibia Worlds Committee, 243 Varminting, Impact Studio, Kalahari Bush Breaks, Buffel Namibia, Tobie Barlow, Your Butt en Torga Optical.

“Baie aan Dieter Dresselhaus wie opnuut sy plaas vir die nasionale proewe beskikbaar gestel het.”

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-01-15

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!