Loading svg Please wait while we translate the article

Sternagel, De Vos beïndruk in King of the Dirt

Motocross
In verskeie klasse is toeskouers nie teleurgestel in die vlak van opwindende kompetisie nie.
Tielman Van Lill
Die sesde rondte van die Namibiese nasionale motocross-kampioenskap by Gallina het Saterdag aan 47 jaers in agt klasse, asook in die King of the Dirt-resies, die geleentheid gebied om hul kampioenskappunte ‘n gesonde hupstoot te gee.

Die jaers het nie teleurgestel nie en toeskouers in die hoë-oktaan gevulde lug is met waaghalsige spronge bederf.

Carter Bouwer, De Wet du Plessis, Khian Kotze, Zoe Waldschmidt, JF van Eeden, Jarno Metzger, Heiko Stranghöner en Mark Sternagel het hul onderskeie klass ingepalm.

Sternagel het ook die opwindende King of the Dirt-resies (KOD) gewen waarin 15 adrenalienaangevuurde waaghalse nie geskroom het om hul ysterperde se versnellers oop te draai nie. Juan de Vos en Heiko Stranghöner het onderskeidelik tweede en derde geëindig.

In die 50 cc-klas het Carter Bouwer al drie sy renne gewen, terwyl De Wet du Plessis sy driekuns in die 65 cc-afdeling behaal het.

Leander Metzger het Khian Kotze in die tweede resies van die 85 cc-klas geklop, maar Kotze het seker gemaak hy wen die eerste en derde ren.

By die vroue was Zoe Waldschmidt opnuut onstuitbaar met drie seges, gevolg deur Ronja Friedericj met drie tweede plekke.

Die klubmansresies het ‘n lekker vol veld met ses deelnemers gehad. JF van Eeden het sy mededingers gewys waar Dawid die wortels gegrawe het en al drie renne gewen. Killian Hamm het in die eerste twee agter Van Eeden geëindig, maar Sunny Wittreich het Hamm in die derde resies vir die tweede posisie uitoorlê.

Jarno Metzger het in die 125 cc-klas ‘n briljante dag beleef en het die eerste twee renne gewen, terwyl Juan de Vos die derde opgeraap het. Die “Vlieënde Vos” het in die King of the Dirt sy staal met ‘n uitstekende tweede plek getoon.

By die veterane het Sigi Pack wel die eerste ren opgeraap, maar toe het Heiko Stranghöner die krane oopgedraai en vir die laaste twee regmerkies gekry met Pack tweede in beide die laaste twee renne.

In die ope-afdeling het Mark Sternagel opnuut die MX-park soos ‘n orkaan getref. Hy het in al drie renne oorheers met Rigo Wolf tweede en Tony Viljoen derde.

Die ywerig afgewagte, uiters opwindende King of the Dirt, die laaste resies van die dag, was met 15 ryers van die 125 cc tot ope-afdeling in aksie. Jorg Stranghöner was die enigste jaer wat weens meganiese probleme nie die resies kon voltooi nie.



Die opgesomde uitslae:

50 cc: 1 Carter Bouwer (75 punte), 2 Delmar du Plessis (63), 3 Markus Pack (60).

65 cc: 1 De Wet du Plessis (75), 2 Oliver Mathews (66), 3 Paul Mans (60).

85 cc: 1 Khian Kotze (72), 2 Leander Metzger (69), 3 Patrick geiger (60).

Vroue: 1 Zoe Waldschmidt (75), 2 Ronja Friederich (66), 3 Gabrielle Still (59).

Klubmans: 1 JF van Eeden (75), 2 Killian Hamm (64), 3 Sunny Wittreich (62).

Junior 125 cc: Jarno Metzger (72), 2 Juan de Vos (69), 3 Bjorn Kebbel (58).

Veterane: 1 Heiko Stranghöner (72), 2 Sigi Pack (69), 3 Olaf Pack (60).

Ope: 1 Mark Sternagel (75), 2 Rigo Wolf (66), 3 Tony Viljoen (60).

King of the Dirt: 1 Sternagel (25), 2 De Vos (22), 3 Stranghöner (20).

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!