Loading svg Please wait while we translate the article

Tweede laaste kans vir punte by die kus

Motocross
Die hekke open môre reeds vroegoggend.
Tielman Van Lill
Die sewende rondte van die Namibiese motocross-kampioenskap sal môreoggend elfuur aan die buitewyke van Swakopmund wegspring, waar jaers in agt klasse sal meeding.

Die byeenkoms word onder die vaandel van die Swakopmund-motorklub by Swakopmund Motocross-baan aangebied.

Geregistreerde ryers by die Namibiese Motorsportfederasie sal opnuut die gebruiklike teenstand ondervind van die plaaslike jaers wat met daglisensies inskryf.

Die King of the Dirt-resies (KOD) is die laaste resies vir die dag, waarin jaers van die 125 cc-klas en hoër KOD-punte mekaar die stryd aansê. Mark Sternagel, Juan de Vos en Gero Friederich is tans die topdrie voorlopers in dié kompetisie.

Die opwindende King of the Dirt-resies kan môre teen 16:00 begin.

Carter Bouwer (50 cc), De Wet du Plessis (65 cc) en Khian Kotze (85 cc) het tydens die sesde rondte by Gallina hul klasse oorheers.

By die hoër klasse het Zoë Waldschmidt (vroue), JF van Eeden (klubmans), Jarno Metzger (125 cc junior), Heiko Stranghöner (veterane) en Mark Sternagel (ope en King of the Dirt) volpunte ingesamel.

Lourens du Plessis sal waarskynlik die naweek sy eerste posisie in die klubmansklas verloor. Hy herstel van ‘n gebreekte linkerhumerusbeen en kan eers einde vandeesmaand weer begin oefen.



Nasionale puntestand ná ses byeenkomste

50 cc: 1 Carter Bouwer (444), 2 Markus Pack (358), 3 Delmar du Plessis (328).

65 cc: 1 Oliver Mathews (401), 2 De Wet du Plessis (368), 3 Markus Pack (355).

85 cc: 1 Khian Kotze (441), 2 Connor Bouwer (354), 3 Christopher Still (335).

125 cc juniors: 1 Juan de Vos (428), 2 Gero Friederich (376), 3 Bjorn Kebbel (327).

Vroue: 1 Zoë Waldschmidt (447), 2 Ronja Friederich (330), 3 Gabrielle Still (314).

Klubmans: 1 Lourens du Plessis (262), 2 JF van Eeden (251), 3 JC Lochner (209).

Veterane: 1 Sigi Pack (435), 2 Olaf Pack (252), 3 Ronald Geiger (221).

Ope: 1 Mark Sternagel (450), 2 Rigo Wolf (396), 3 Tony Viljoen (357).

King of the Dirt: 1 Mark Sternagel (150), 2 Juan de Vos (127), 3 Gero Friederich (117), 4 Sigi Pack (109), 5 Rigo Wolf (100).

Die hekke open môre 06:00, die kiosk vir spys en drank om 07:00 en die eerste renne begin 11:00. Toegang is N$20 voor 16:00 en daarna N$40 per persoon.



Suid van die Oranjerivier

Sigi Pack (veterane), Stephan Maischatz (seniors) en Carter Bouwer (50 cc) het onlangs uitsonderlike uitslae in die Suid-Afrikaanse nasionale MX-kampioenskap by die Zone 7-baan buite Kaapstad behaal.

Pack en Bouwer het vierde in hul onderskeie klasse geëindig, terwyl Maischatz ‘n vyfde plek ingeneem het.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-11-22

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!