Loading svg Please wait while we translate the article

Tydrenjaers bring adrenalien na die kus

Motorsport
Dertien spesiale sneldele wag op die jaers wat ingeskryf het.
Tielman Van Lill
Die verwagte vuurwarm M Z Swakopmund-tydren wat komende Vrydag en Saterdag by dié kusdorp met 21 inskrywings aangebied word, gaan beslis die dagtemperatuur by die see laat klim.

Tydrenne in Swakopmund is ‘n immer gewilde sportdissipline wat baie goed deur sy inwoners asook die naburige Walvisbaai ondersteun word.

Hierdie is die vyfde en laaste rondte van die Namibiese tydrenkampioenskap. Die laaste keer toe kusbewoners met ‘n tydren bederf was, was in Maart tydens die eerste rondte wat ook deur die Walvisbaai-motorsportklub aangebied was.

Die komende tydren oor ‘n totale 106 kilometer bied tydrenondersteuners 13 spesiale sneldele (SS’e) waarvan drie Vrydag vanaf 18:05 gejaag word. Die adrenalien sal Saterdag weer begin pomp wanneer die spanne om 11:05 wegspring.

Inskrywings is vir die S1-, S2- en S4-klas ontvang, terwyl die veldafdeling se CR1 en CR2 met sewe gewilde V8’s gelaai is.

Walvisbaai-motorklub spog met elf spanne, terwyl Tsumeb drie, Redline twee en Windhoek vyf het.



Welkom terug

Etienne van den Heever en navigator Willy van Wyk maak ‘n welkome terugkeer in die veldafdeling met ‘n V8-BAT Venom 6.2-liter.

Dirk Redman en Frikkie Koegelenberg gaan vir ‘n slag sy Hilux se toere opjaag en Peer Röhm en Pieter Steyn sal Röhm se Ford Escort MK2 vrye teuels gee. Werner Bartch het sy vorige wiele verruil vir ‘n V8-Landy Defender waarmee hy en Christel Fourie vir ‘n nuwe hoofstuk gaan wegspring.



Inskrywings

S1-klas: Dewet du Plessis/Armandt Swart (Toyota Corolla), Pieter Greeff/JP Robinson (Toyota Corolla), Gerhard Visser/Geraldine Swart (Toyota Tazz), Eugene Swart/Phillip Stoman (Toyota RunX).

S2-klas: Zachary Martin/Monique Schoeman (VW Polo 2 Liter), Wido Bartsch/Raymond Fourie (VW Polo 2 Lt), Peer Röhm/Pieter Steyn (Ford Escort MK2), Koos Coetzer/Jaco Coetzer (VW Golf MK1) Gert Coetzee/George Coetzee (VW Golf).

S4-klas: Stefanie Botha/Amanda Hugo (Subaru Impresa) en Tinus Malan (Audi Quatro TT).

CR1-klas: Ekko Eisenberg/Horazio Rietz (V8-JAC 4 Lt), Chrizelda Engels/Ruan de Lange (V8-Nissan Hardbody 4 Lt), Madeleine Koegelenberg/Chané Havenga (V6-Ford Courier 3.4 Lt), Dirk Redman/Frikkie Koegelenberg (Toyota Hilux).

CR2-klas: Loic Bathfield/Johan Steyn (V8-Century Racing CR6), Rian Kritzinger/MP Pretorius (V8-Ford Ranger 5.2 Lt), Etienne van den Heever/Willy van Wyk (V8-BAT Venom 6.2 Lt), Ruaan Viviers/Cecil Koorts (V8-Renault 5 Lt), Werner Bartsch/Christel Fourie (V8-Landy Defender 4 Lt), Llwellyn Loftie-Eaton/Damion Honiball (Yamaha Side-by-Side).

Die tydren word ook deur J&PHydraulics, sealconsultingengineers, sky-way en Safewear ondersteun.

[email protected]

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2025-01-15

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 19° | 31° Rundu: 19° | 36° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 16° | 34° Tsumeb: 20° | 33° Otjiwarongo: 14° | 30° Omaruru: 15° | 30° Windhoek: 16° | 29° Gobabis: 20° | 35° Henties Bay: 17° | 20° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 20° Rehoboth: 18° | 33° Mariental: 20° | 35° Keetmanshoop: 17° | 34° Aranos: 20° | 37° Lüderitz: 14° | 25° Ariamsvlei: 16° | 34° Oranjemund: 13° | 23° Luanda: 26° | 28° Gaborone: 21° | 28° Lubumbashi: 17° | 23° Mbabane: 15° | 18° Maseru: 12° | 29° Antananarivo: 18° | 26° Lilongwe: 20° | 24° Maputo: 19° | 27° Windhoek: 16° | 29° Cape Town: 16° | 22° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 15° | 25° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 29° Harare: 18° | 24° #REF! #REF!