Loading svg Please wait while we translate the article
  • Startseite
  • Sport
  • Uithou en aanhou teen 62 lande in Wêreldspankampioenskap

Uithou en aanhou teen 62 lande in Wêreldspankampioenskap

Backyard Ultra op Swakopmund
Die 15 uitsoekatlete van Namibië sal in 'n stryd teen 63 ander lande gewikkel wees.
Andrew Poolman
Namibië se beste langafstand-hardlopers is gereed vir ‘n stryd van bloed, sweet en trane in die land se debuut by die derde Backyard Ultra-wêreldspankampioenskap komende naweek.

Die opwindende uithoubyeenkoms begin Saterdag om 14:00 by die pragtige Gecko Ridge Lodge, net buite Swakopmund op die Swakoprivier-hoewes.

Die klassieke Backyard Ultra-formaat word gevolg, waar hardlopers met elke uur se aanbreek 'n baanrondte van 6,7 km moet voltooi totdat net een persoon oorbly. Die wedloop het dus geen eindstreep nie en eindig eers wanneer die laaste hardloper 'n solo-rondte voltooi.

Die wêreldkampioenskap se wegspringskoot klap gelyktydig vir elk van die 64 spanne wat elk binne hul eie land meeding. Die Namibiese uitsoekspan van 15 takel dus in werklike tyd die ander 63 lande se spanne van 15 elk. Die kompetisie is beide 'n span- en individuele stryd, want elke baanrondte van elke individu tel een punt vir die land.

Die top 50-spanne sal ook genooi word om hul nasionale kampioen na die Wêreldeindbyeenkoms in Oktober 2025 in die VSA te stuur.

Een van Span Namibië se staatmakers is André Ross, 'n driemalige wenner van die Brandberg Backyard Ultra wat vanjaar sy eie Namibiese rekord tot 22 rondtes (147 km) opgestoot het. Dit was nadat PC Visser as naaswenner hom die hardste gedruk het deur 21 rondtes te voltooi.

Ross se eweknie as vrouewenner was Corné Verwey, 'n strawwe mededinger en die nasionale vrouerekordhouer met 16 rondtes in vanjaar se byeenkoms.

Hulle word vergesel deur ultra-hardlooptalent soos Erich Goeieman, ‘n bekende op podiums in vele marathons in Namibië; Winnie Mukupuki en Kirsty Brits, wat elk die Comrades ultra-marathon verskeie kere voltooi het, en Elmarie Adriaanse, 'n gebore avonturier met vier Backyard Ultras en 'n magdom ultra-byeenkomste agter die blad.

Die onttrekking van Johan Bronkhorst weens ‘n besering is ‘n terugslag, maar het die weg gebaan vir die insluiting as plaasvervanger van Michelle von Stein, die dogter van Suid-Afrika se ontslape Comrades-legende Nick Bester.

Naude en Katja Dreyer, vars ná die Comrades, Danielle Zimny, Winnie Mukupuki, Richard Reid, Kirsty Brits, Eamon Roberts, Martin Kalwenya en Hennie la Cock is eweneens spanlede wat vir onwrikbare vasberadenheid bekend is.

By die Backyard Ultra wêreldspankampioenskap sal strategiese uithouvermoë, geestelike gehardheid en pure vasberadenheid ewe bepalend as fisieke vermoëns wees.

Namibië se plaaslike wegspringtyd van 14:00 stem ooreen met 07:00 by die VSA se ligging vir die terugkeer na die oorspronklike byeenkoms, Big's Backyard Ultra in Bell Buckle, Tennessee – die venue waar die ultra-hardlooplegende Harvey Lewis die huidige wêreldrekord van 108 rondtes (720 km) in Oktober 2023 opgestel het.

Sal die Namibiërs die uitdaging kan volhou?



KOM ONDERSTEUN

Sluit by Gecko Ridge Lodge aan om die Namibiërs tydens hul onvergeetlike ultra-wedloop te ondersteun en wys die wêreld wat Namibië kan doen!

Vir besoekers wat 'n dag daarvan wil maak, is 'n beperkte aantal aandetekaartjies met voorafbespreking beskikbaar.

Vir meer besonderhede, insluitend om jou aandete te bespreek of vyr bykomende inligting, kontak Riana Scholtz, die geleentheidsorganiseerder van Namibia Ultra Trails en resiesdirekteur vir die byeenkoms, by 081 3286 255 of e-pos [email protected]

Scholtz sê: “Op die wêreldrangkys is die Namibiese span tans 53ste uit die 64 spanne. Ons moet in die top-50 eindig om volgende jaar ons wenner VSA toe te kan stuur. Ek glo juis omdat ons dalk mag lyk soos ‘n buiteperd sal die span veg tot die bloed uitkom en die wêreld verbaas. Dis 'n hegte span wat mekaar ken, ondersteun en sal aanmoedig tot die bitter einde.

“Ons is uiters dankbaar vir RMB Namibia, wie se steun as hoofborg sentraal was om die geleentheid moontlik te maak. Korporatiewe borge soos RMB stel ons in staat om ons atlete op die wêreldverhoog ten toon te stel, en ons is vol vertroue dat Span Namibië die uithouvermoë, krag en durf het om met die bestes mee te ding.

“Toeskouers is welkom om ons hardlopers te kom aanmoedig terwyl hulle uitspook vir glorie. 'n Klein toegangsfooi is by die hek betaalbaar, met die opbrengs bestem vir vyf nie-winsgewende bewaringsorganisasies, naamlik Save the Rhino Trust Namibia, Ocean Conservation Namibia, Desert Lion Conservation, The Skeleton Coast Brown Hyena Project, asook die Pangolin Conservation en Research Foundation.”



DIE NAMIBIESE SPANLEDE

(met vorige beste rondtes in Backyard Ultras)

André Ross (22x6.7 147 km), PC Visser (21), Erich Goeieman (18), Corné Verwey (16), Danielle Zimny (15), Winnie Mukupuki (13), Richard Reid (13), Kirsty Brits (13), Eamon Roberts (13), Martin Kalwenya (12), Naude Dreyer (11), Elmarie Adriaanse (11), Hennie la Cock (10), Katja Dreyer (8), Michelle von Stein (debuut; gewese Comrades-atleet).



DIE INGESKREWE LANDE (63)

Die Amerikas (13): Argentinië, Bermuda, Bolivië, Brasilië, Colombië, Ecuador, Guatemala, Kanada, Mexiko, Paraguay, Uruguay, Venezuela, VSA.

Oseanië en Asië (11): Australië, Brunei, Chinese Taipei, Filippyne, Indië, Japan, Maleisië, Nieu-Seeland, Pakistan, Singapoer, Viëtnam.

Europa (28): België, Ciprus, Denemarke, Duitsland, Estland, Finland, Frankryk, Griekeland, Hongarye, Ierland, Italië, Letland, Malta, Nederland, Noord-Masedonië, Noorweë, Oekraïne, Oostenryk, Pole, Portugal, Slowakye, Spanje, Swede, Switserland, Tsjeggiese Republiek, Turkye, Verenigde Koninkryk, Ysland.

Afrika en Midde-Ooste (11): Algerië, Botswana, Egipte, Israel, Ivoorkus, Kenia, Marokko, Mauritius, Namibië, Suid-Afrika, Zambië.

Kommentar

Allgemeine Zeitung 2024-10-17

Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen

Bitte melden Sie sich an, um einen Kommentar zu hinterlassen

Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 21° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 23° | 32° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 29km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:54, High tide: 03:05, Low Tide: 21:23, High tide: 15:19 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:52, High tide: 03:03, Low Tide: 21:21, High tide: 15:17 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 42km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:52, High tide: 03:02, Low Tide: 21:21, High tide: 15:16 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 15° | 30° Keetmanshoop: 11° | 28° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 19° | 37° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 15° | 29° Lilongwe: 17° | 32° Maputo: 16° | 32° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 14° | 18° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 34° Harare: 15° | 30° Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.15 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.69 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.2 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.69 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 688.64/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 3 056.80/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 74.59/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 990.38/OZ DOWN -0.0067 Sport results: Weather: Katima Mulilo: 21° | 37° Rundu: 22° | 34° Eenhana: 20° | 35° Oshakati: 21° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 23° | 32° Otjiwarongo: 18° | 33° Omaruru: 17° | 34° Windhoek: 17° | 31° Gobabis: 16° | 32° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 29km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:54, High tide: 03:05, Low Tide: 21:23, High tide: 15:19 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 35km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:52, High tide: 03:03, Low Tide: 21:21, High tide: 15:17 Walvis Bay: 12° | 21° Wind speed: 42km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:52, High tide: 03:02, Low Tide: 21:21, High tide: 15:16 Rehoboth: 14° | 31° Mariental: 15° | 30° Keetmanshoop: 11° | 28° Aranos: 14° | 31° Lüderitz: 13° | 28° Ariamsvlei: 12° | 28° Oranjemund: 12° | 20° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 19° | 37° Mbabane: 13° | 30° Maseru: 13° | 28° Antananarivo: 15° | 29° Lilongwe: 17° | 32° Maputo: 16° | 32° Windhoek: 17° | 31° Cape Town: 14° | 18° Durban: 17° | 23° Johannesburg: 17° | 28° Dar es Salaam: 24° | 30° Lusaka: 18° | 34° Harare: 15° | 30° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.97 | EUR to NAD 19.15 | CNY to NAD 2.48 | USD to NAD 17.69 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.28 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.11 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.2 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.36 | USD to EGP 48.58 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1652.16 | USD to ZAR 17.69 | USD to ZMW 26.66 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1855.02 Up +0.33% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13834.74 Down -0.75% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30545.11 Down -0.13% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 688.64/OZ UP +0.54% | Copper US$ 4.30/lb DOWN -0.0113 | Zinc US$ 3 056.80/T DOWN -0.52% | Brent Crude Oil US$ 74.59/BBP DOWN -0.0024 | Platinum US$ 990.38/OZ DOWN -0.0067