Unieke geleentheid vir amateurstoeiers
Stoei
Die Namibiese Stoeivereniging (NWF) bied van môre tot Saterdag by Windhoek Hoërskool sy Windhoek Ope kampioenskap en oefenkamp aan.
Die ope kampioenskap word as Namibië se eerste internasionale klubkampioenskap bemark. Stoeiers sal in beide vrystyl en Grieks-Romeinse styl (slegs grepe aan die bolyf toegelaat) in die onderskeie ouderdoms- en gewigskategorieë meeding.
Die oefenkamp sal ’n unieke geleentheid met praktiese afrigtingsessies in beide stoeistyle bied. Afrigters sal waardevolle nuwe tegnieke ervaar, terwyl stoeiers by die beste afrigters sal leer.
Luis Forcelledo (van Kubaanse afkoms; Namibië se jarelange nasionale afrigter) en Charl van der Merwe (afrigter en Springbok-stoeier) sal onder toesig van GJJ van der Merwe (Springbok-afrigter) hul kundigheid met die atlete deel.
Die NWF rig 'n spesiale woord van waardering aan Windhoek Hoërskool vir die aanbieding van die weeklange stoeibyeenkoms. Opwindende stoei-aksie word beloof en toegang is gratis.
Die kompetisie begin môre om 09:00 ná die amptelike opening.
– [email protected]

Kommentar
Allgemeine Zeitung
Zu diesem Artikel wurden keine Kommentare hinterlassen